Welkom!
Glo jy daar is lewe op ander planete?
|
Nova: Die Begin Die eerste boek in Fanie Viljoen se splinternuwe Nova-jeugreeks is nou op die rak in jou naaste boekwinkel!
Iets is fout op die dorpie Nova. Watter vreemde ligte sien Lucas en die res van sy gesin een aand? En waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte wat agter die hoë heinings plaasvind? Daar is ook 'n glibberige swart ding wat Lucas in die rivier sien. Kort voor lank beleef hy en sy vriende 'n wilde avontuurrit vol gevaarlike raaisels.
|
 |
13 SpookstoriesGlo jy aan spoke? Word jy bang vir vreemde goed wat ronddwaal in die nag? 13 Spookstories gaan sorg dat jy die komberse tot onder jou ken trek vanaand. Wie weet wat vir jou wag as jy die lig afsit?
Hierdie bundel bevat 13 super-grillerige verhale oor vreemde besoekers uit nog vreemder plekke ...
|
|
Die skrywers is Fanie Viljoen, Francois Bloemhof en Jaco Jacobs. Tanja Joubert se illustrasies gaan jou verbeelding laat spook.
|
|
MindF**k BreinBliksem se vertaling is nou beskikbaar by Amazon.
MindF**k is 'n kragtige, ontstellende en by tye skrikwekkende verhaal. Chis Burns en sy vriende - Kerbs en Sky
Eyes - val in die pad om die MindFuck-rockkonsert by te woon. Op pad soontoe tel hulle die beeldskone Partygirl op. Daar is onmiddellik 'n konneksie tussen Burns en Partygirl.
|
Maar op die eerste nag, terwyl die rockmusiek uit die luidsprekers
blaas, gebeur iets onverwags - sy wêreld word op sy kop gekeer wanneer
een van die ouens uit die tent kom met bloed aan sy hande. En niks sal
ooit weer dieselfde wees nie.
Uitgewer: Ransom Publishing
ISBN: 978-1841679945Koop nou by Kalahari.netUittreksel uit MindF**k
 |
Opwindende nuwe boeke vanjaar beskikbaar
- Scarred Lions - Is Afrika in jou bloed?
- 13 Spookstories - gruwelike spookstories geskryf deur Fanie
Viljoen, Francois Bloemhof en Jaco Jacobs. Tanja Joubert se
illustrasies gaan jou verder hoendervleis gee.
- Nova: Die Begin - Het jy al ooit 'n UFO gesien? Beskikbaar Junie 2010.
|
|
Pynstiller
Lees Fanie se grafiese verhaal Pynstiller op Facebook. Die verhaal vorm deel van Noordwes Universiteit se Oor die einders van die bladsy-projek. Wees gewaarsku: die illustrasies is ontstellend! 'n Beperkte oplaag van die boek is gedruk en kan bestel word by
info@fanieviljoen.co.za Prys: R160 (posgeld ingesluit)
|
|
Wenboeke Twee van Fanie Viljoen se boeke het vanjaar ATKV-Woordveertjies gewen:
- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood in die selfleeskategorie
graad 4-5.
Bestel by Kalahari.net
|
|
NUUT!
Slym en die Beker van Geluk Koning Kwaak, die paddakoning, kom Paddavlei toe! En hy bring boonop die Beker van
Geluk saam. Enigiemand wat daaruit drink, sal sewe jaar lank dolgelukkig wees.
Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas kan nie wag om te sien wie gekies
gaan word om uit die beker te drink nie.
Maar dan gebeur ’n vreeslike ding ...
Hierdie is die derde titel in die opwindende Slym-reeks.
|
Uitgewer: LAPA
ISBN: 978 0799 345 025
Blaaie: 84 met volkleur illustrasies
Bestel: Koop die boek nou aanlyn by Kalahari.net
Of bestel direk by Lapa Uitgewers. Jy kan ook 'n e-pos stuur aan lapa@lapa.co.za
of bel 012 - 401 0700.
|
Nuut: Kaptein HamerkophaaiKortlys: M.E.R.-prys vir jeuglektuur 2010 Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die domste vraag waaraan jy kan dink
in die klas vra? Devon het dit gedoen en die volgende oomblik het kaptein Hamerkophaai
– seerower, sakkeroller, stranddief, vrybuiter, bedrieër en plunderaar van formaat
– sy verskyning gemaak! Kaptein Hamerkophaai het as vervolgverhaal
in KleinB, Die Burger se weeklikse kinderblad,
verskyn. Lesers het met opgehoue asem gewag vir elke week se aflewering. |
Nou kan kinders van oraloor deel in die spitsvondige kaptein Hamerkophaai en sy
trawante se avonture!
Jy kan ook die voorlesing en lesplan van
Kaptein Hamerkophaai van
Die Burger se webblad aflaai by die
Klein Burger.
Lees 'n uittreksel uit Kaptein Hamerkophaai
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624045441
Blaaie: 78 met volkleur illustrasies deur
die skrywer
Bestel: Koop die boek nou by Kalahari.net
|
Die Nuwe Kroonsteen-leesreeks vir skole Best Books se opwindende nuwe Afrikaanse leesreeks gaan leerders se verbeelding
aangryp en hul vasgenael hou met voortreflike kinderboeke, kortverhale, gedigte,
rympies, dramas, grappies, volksvertellings en nog baie meer. |
Besoek die Boeke vir skole-skakel om meer uit te vind oor die reeks. Jy kan ook
lees wat onderwysers dink van die reeks.
|
Sal jy kom speel as die onderwêreld jou naam roep? Fanie se nuwe tienerroman Onderwêreld is
nou beskikbaar. Hierdie boek het die Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur 2007 en
'n ATKV-Woordveertjie (2009) ontvang.
As jy van BreinBliksem gehou het, moet jy Onderwêreld
lees!
|
“Hulle weet ek was in hulle systems.
Hulle weet wat ek gedoen het.
Hulle weet wie ek is.”
Greg Owen is die hoofseun van ’n privaat seunskool wanneer Eckardt Wilken, 'n buitestander,
in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band
tussen die twee seuns. Eckardt erken dat hy ’n voortreflike rekenaar-hacker is en
lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom, onwillekeurig, in ’n gevaarlike
avontuur intrek. Met Eckardt se skielike en geheimsinnige verdwyning begin Greg
alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.
Die onderwêreld ken sy naam en roep hom om te kom speel.
Die skrywer het uitvoerige navorsing gedoen oor hacking en dit, tesame met ’n goed
geskrewe en gekonseptualiseerde storielyn, maak vir spannende leesstof.
Gaan kry Onderwêreld
nou by jou naaste boekwinkel, of
klik hier om die boek nou by Kalahari.net te bestel.
Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 9780624046691
|
Weet jy wat is die geheime bestanddeel in Petra
Pienk se piesangbrood?
Wenner van ATKV-Woordveertjie (2009)
Nog 'n nuwe boek van Fanie Viljoen is nou op die rakke vir jonger lesers: Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood.
’n Paar koppies meel en suiker, ’n blertsie botter, eiers, ’n teelepel of wat vanieljegeursel,
bakpoeier, sout en natuurlik . . . piesangs. Varses – nie vrottes nie! |
O ja, en . . . sjuu-uut . . . ’n geheime bestanddeel.
Al hierdie bestanddele beland in Petra Pienk se gewilde piesangbrood. Maar as Petra
weer sien, verdrink sy amper in piesangbrooddeeg. En iemand probeer boonop haar
resep steel – net om uit te vind wat die geheime bestanddeel is.
Wil jy ook weet wat maak Petra se piesangbrood so gewild?
Nog een van Fanie Viljoen se prettige verhale wat jou aan die raai sal hou tot aan
die einde.
Lees 'n uittreksel uit Die geheime bestanddeel in
Petra Pienk se piesangbrood
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798150132
Blaaie: 82 met volkleur illustrasies deur
Lize-Marie Smit en Anja Aucamp
Bestel:
Klik hier om die boek te bestel
|
Laai 'n spookstorie af - maar net as jy braaf genoeg
is!
Het jy lus vir 'n lekker spookstorie waar jy self kies wat moet gebeur?
Hierdie grillerige storie is gebaseer op die verhaal "Ek is 'n vampire" wat verskyn
in die boek - Spoke en ander
gruwelike goed deur Fanie Viljoen. |
Klik hier om die
storie af te laai.
Die verhaal het 6 moontlike eindes. Maar wees gewaarsku – nie almal is gelukkig
nie. So, pasop wat jy kies!
Koop nou Spoke en ander gruwelike goed.