Kroonsteen-leesreeks

Die nasionaal KABV-goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books is op ses leesvlakke ontwikkel, en is perfek vir leerders in die Intermediêre Fase (graad 4 tot 6). Die hele reeks bestaan uit 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taalpret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul lees- en taalvaardighede bevorder.

Verlief

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het ... So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie ... So verlief dat jy iets baie dom aangevang het ... Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop!