Droomskip en ander radiodramas
Nasou Via Afrika Uitgewers kondig met trots ’n besondere literêre gebeurtenis aan:
die publikasie van ’n splinternuwe radiodramabundel! – Droomskip en ander radiodramas
Blindemol – Chris Barnard ; Beseringstyd – Charles J. Fourie ; Droomskip – S.D.
Fourie ; Nagwaak – Helena Hugo ; Omdat die wind alleen is – Engela van Rooyen ; Die losprys – Fanie Viljoen
Radiodrama is ’n eiesoortige genre wat in die eerste plek bedoel is om na geluister
te word. Die radiodrama as teks is egter ook ’n besondere literêre genre wat unieke
uitdagings aan die skrywer stel – reeds tydens die skryfproses moet die ouditiewe
aard en verskeie tegniese aspekte in gedagte gehou word.
Afrikaans-huistaalleerders moet tydens die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase,
Grade 10, 11 en 12) ’n vierde genre as deel van die gestelde uitkomste van die Nasionale
Kurrikulum Verklaring (NKV) behandel. Die keuse kan gemaak word tussen byvoorbeeld
’n filmteks, verhoogteks of radiodramateks. Ongelukkig bestaan daar min gepubliseerde
eietydse dramas. Dit bemoeilik die onderwyser se taak aansienlik en lei daartoe
dat gedateerde tekste (wat verwyder is van leerders se verwysingsveld) tot vervelens
toe behandel word. Die hoorspel / radiodrama is ook spesifiek ingesluit by die NKV
vir Drama-leerders. Hierdie bundel is ook uiters geskik vir die onderrig van ’n
derde genre aan Afrikaans-EAT-leerders.
Met Droomskip en ander radiodramas bied Nasou Via Afrika die beste oplossing
vir die uitdaging waarvoor Afrikaans- en Drama-onderwysers te staan kom.Lees meer hieroor en kry ook inligting oor werkswinkels vir die gebruik van die bundel.
ISBN: 978-1-415-40289-4
Samesteller: Herman van der Westhuizen
Formaat: 208 bladsye – met MP3’s op CD ingesluit
Uitgewer: Nasou Via Afrika UitgewersKoop Droomskip nou aanlyn by Kalahari.net