Geraamte in die klas
Wenner: ATKV-Woordveertjie en
die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke.
Wil jy weet waaroor die boek gaan?
Lees dan gou Juffrou Beneke se brief ...
Harteliefie
Ek is so bly jy lees my brief. Jy wil seker weet wat in die boek gebeur, nie waar
nie?
Goed dan, ek sal jou sê: in hierdie boek vertel een van my leerders, Stephan, hoe
hy en sy vriend, Cobus, vir my, juffrou Beneke, per ongeluk in 'n geraamte verander!
Ja, jy het reg gelees - ek word in hierdie boek verander in 'n lewende geraamte. Maar dit is net die begin van die storie, want sien die twee harteliefies moet my
dan op 'n skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. Og, die avonture
wat ons beleef sal jou asem wegslaan! Hierdie boek gaan jou laat lag en ‘n bietjie
laat gril. Daar is ook ‘n geveg met ‘n vreeslike seekat en ‘n wildejaagtog op ‘n
spoedvarkie. En moenie vergeet van ... O aarde tog, harteliefie, amper praat ek my mond verby. Jy sal maar self moet lees
hoe alles eindig! Baie liefies en drukkies Juffrou Beneke Lees 'n uittreksel uit Geraamte in die klas
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN 978-0-7981-4616-6
Blaaie: 104 met volkleur illustrasies deur Karl Stephan
Bestel: Klik hier om die boek te bestel