In 'n neutedop
Samestellers: Izak de Vries en Karen Simpson
Agtien verhale deur topskrywers soos Abraham H. De Vries, Elias P. Nel en Madlala
Makhaza. Die klem lê op verhale wat ’n storie vertel, want dit is primêr wat kortverhale
behoort te wees. Sedert die heel oudste tye vertel ons stories vir mekaar. Hier
in Afrika is daardie stories om kamp- en kookvure vertel.
Die verhale is gekies om die leser 'n breë oorsig van die verskillende subgenres
van die kortverhaal te gee. Daar is liefdesverhale, waarskuwende verhale, komiese
vertellings en 'n enkele, bondige literêre kunswerk wat huiwer tussen poësie en
prosa.
Die verhale vang, in 'n neutedop, die lewe van Suid-Afrikaners vas. Van die verhale
handel wel oor die dood, vigs of misdaad, maar die leser sal telkens die humor en
skoonheid in elkeen raaksien.
Lees Fanie Viljoen se kortverhaal Game over, try again? in hierdie bundel.
ISBN: 978-1-86915-656-0
Uitgewer: Bateleur (Oorspronklik, nou uitgegee deur Nasou Via Afrika)
Koop
die boek nou by Kalahari.net