Kaptein Hamerkophaai
Kortlys: M.E.R.-prys vir jeuglektuur 2010
Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die domste vraag waaraan jy kan dink
in die klas vra?
Devon het dit gedoen en die volgende oomblik het kaptein Hamerkophaai – seerower,
sakkeroller, stranddief, vrybuiter, bedrieër en plunderaar van formaat – sy verskyning
gemaak!
Kaptein Hamerkophaai het as vervolgverhaal
in KleinB, Die Burger se weeklikse kinderblad, verskyn. Lesers het met opgehoue
asem gewag vir elke week se aflewering.
Nou kan kinders van oraloor deel in die spitsvondige kaptein Hamerkophaai en sy
trawante se avonture!
Jy kan ook die voorlesing en lesplan van
Kaptein Hamerkophaai van Die Burger se webblad aflaai by die
Klein Burger.
Lees 'n uittreksel uit Kaptein Hamerkophaai
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624045441
Blaaie: 78 met volkleur illustrasies deur
die skrywer
Bestel: Koop die boek nou by Kalahari.net