Klits Kronkel en die vlammende swaard


Ontmoet Klits Kronkel. Speurder Klits Kronkel.

En sy assistent juffrou Splinter, sy kat Japtrap, die tegniese tegnikus Blitz Vinnig, die wyse gryse Horrelpyp en die reus Pekel.

Klits se opdrag: om die Saffierswaardvanger op te spoor wat uit Nerf Edelsteen se kasteel gesteel is. Maar wat voer Troebel, Nerf se broer, in die mou?

En wat het van Raaf, hul ander broer, geword?

Bewapen met sy mini-nekeraar, leuenverklikker, rolskaatsskoene en silwer slympen, is dit presies wat Klits gaan uitvind. Nog voor jy “draakpoeding” kan sê.

Hierdie is die eerste in 'n reeks Klits Kronkel boeke. Dit sal jong lesers laat skaterlag vir Klits se avonture, maar ook laat naelsbyt van spanning. Die boek is 'n fantasieverlekkering en kan aanbeveel word vir selflees of voorlees. 


Uittreksel: Klits Kronkel en die vlammende swaard


Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 978-0-624-04246-4

Blaaie: 133 met swart en wit illustrasies deur Diek Grobler

Klik hier om nou die boek te bestel


Afrikaans - Tuisblad
English - Home page