Klits Kronkel en die vloek van die Swart Jakkals


Hulle is terug vir nog ’n avontuur: Klits Kronkel, Blitz, juffrou Splinter, Marionetta en Pekel!

Nee, wag – iemand is weg . . .

Die ervare privaat speurder Klits Kronkel onderbreek sy vakansie om na Horrelpyp te gaan soek. Maar Klits se probleme word net meer soos sy ondersoek vorder.

Hy moet die Modder-smeer-meer trotseer , terwyl kinders een-een uit die dorpie Floetervoet verdwyn.

Vreemde karakters duik op, soos die meisie met geheueverlies en Vonk, die boogskutter wat gedagtes kan lees.

En intussen begin die vloek van die Swart Jakkals sy slagoffers te eis . . .


Lees 'n uittreksel uit Klits Kronkel en die vloek van die Swart Jakkals


Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624046547

Blaaie: 196 met swart en wit illustrasies deur Diek Grobler


Klik hier om die boek te bestel

Afrikaans - Tuisblad
English - Home page