Kroonsteen-leesreeks
Best Books se opwindende nuwe Afrikaanse leesreeks gaan leerders se verbeelding
aangryp en hul vasgenael hou met voortreflike kinderboeke, kortverhale, gedigte,
rympies, dramas, grappies, volksvertellings en nog baie meer.
Die beste Suid-Afrikaanse skrywers se werk word verteenwoordig in die reeks van
30 boeke.
Die Kroonsteen-reeks is ’n gradeerde leesreeks vir die Intermediêre Fase (graad
4-6). Elke boek is gekoppel aan bepaalde leesvaardighede en spesiale aandag is gegee
aan woordeskat, sinskonstruksie en konteks. Die boeke sluit ook vrae, prettige aktiwiteite
en woordverklarings in.
Het jy geweet?Die Kroonsteen-leesreeks is op die volgende voorgeskrewe lyste:
- Namibië
- Wes-Kaap
- Noord-Kaap
- Vrystaat
|
Terugvoer oor die Kroonsteen-reeks Best Books se uitgebreide bekendstellingsveldtog vir die Kroonsteen-reeks vorder
goed. Talle onderwysers en vakadviseurs het sessies in die Wes-Kaap, Gauteng en
die Vrystaat bygewoon en vol ywer begin aanskaf vir hul skole. Hier is van die terugvoer
wat ontvang is na afloop van die bekendstellings:
- Dit is ‘n goeie reeks en dit skakel in met die kurrikulumvereistes. – Gamka-Oos
Primêr
|
- Leersaam - leerders sal boeke interessant vind aangesien inhoud wye aspekte dek.
– PJ Badenhorst Primêr
- Uitstekend! – Grootkraal UCC Primêr
- Ek hou van die uitleg, kleur en druk van die Kroonsteen-reeks. – Van Reede Primêr
- Die boeke lyk wonderlik. Die illustrasies en kleure sal byval vind by die kinders.
Die aktiwiteite lyk baie goed. – Tamboerskloof Primêr
- Die boeke inspireer ons en spoor ons aan om die taal aan te bied. Ons weet dat die
kinders die illustrasies en teks baie gaan geniet. Dit maak die kinderjare weer
avontuurlik en PRET. – Tamboerskloof Primêr
- Baie interessant. Ons hou van die lig gesensitiseerde bladsye. Mooi illustrasies
en kleur. – Claremont Primêr
Nog bekendstellings word binnekort gehou. Hou
Best Books se webblad dop vir datums, plekke en tye. Of stuur 'n e-pos aan:
info@fanieviljoen.co.za
|
Die kaart van lank gelede
Alet Swart en haar ouers trek na die kusdorpie, Kroongolf. Sy ontdek ’n geheime
kaart in die nuwe huis. Maar waarheen sal die kaart haar lei? En kan sy vir Vernon
vertrou om haar te help?
Uitgewer: Best Books
ISBN9781770022720 |
Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Die geheim van die kroonsteen
Alet en Vernon droom nog oor die geld wat dalk in die geheime skatkis lê. Maar hulle
kry ’n verrassing toe hulle die skatkis oopmaak . . .
Wie loer die kinders af? Wie is die Dapper Drie?
Wat is die kroonsteen en watter geheim is daarin opgesluit? |
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021860
Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Die kroon van die aarde
Die nuwe Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet uitvind waar die skielik aardbewing
vandaan kom wat Kroongolf ruk. Maar dit is glad nie so maklik nie. Een van hulle
moet ’n vriendskap aanknoop met Gideon en Mandla.
Uiteindelik wag daar baie gevaar, verraad en spannende oomblikke op die Dapper Drie. |
Sal Gideon en Mandla die Dapper Drie kan lei na die Aardkroon? Sal die Dapper Drie
vir die wrede Walg kan oorwin en die Aardkroon in die hande kry?
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021877
Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Die kroon van die hemel
Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – ontdek ’n geheimsinnige lugskip teen die
hange van Kroonheuwel. Toe hulle ondersoek instel, slaan die lugskip se deure toe
en begin dit vanself beweeg. Maar waarheen vat dit hulle?
Die wrede Walg wil Kroongolf steeds vernietig. Groot storms bars los oor die kusdorpie. |
Sal die Dapper Drie vir Walg kan stop voordat dit te laat is? En sal hulle die Hemelkroon
in die hande kan kry?
Uitgewer: Best Books
ISBN9781770021884
Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Die kroon van die water
Die Dapper Drie se skubaduiklesse vorder uitstekend. Maar dan, een aand, sien hulle
iets aardig terwyl hulle die duiktoerusting bêre . . . Die swembad se water skuif
weg en ’n opening verskyn op die bodem. Twee duikers klim uit die tonnel onder die
swembad.
Die Dapper Drie moet ondersoek instel. Maar waarheen sal die tonnel hulle lei? |
Maar waarheen sal die tonnel hulle lei? Sal hulle staande bly teen Walg se volgende
aanslag? En sal hulle die Waterkroon in die hande kan kry?
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781770021891
Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Die kroon van die mense
Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf
gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in ’n boorpunt. Vernon se buurman vind
’n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg.
Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Dié slag gebruik hy die
Mensekroon om Kroongolf te vernietig. |
Dié slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne
het verander. En nou sal dit beslis werk . . .
Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon
in die hande kan kry? En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin?
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781770021907
Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Stories vir lekker lees
Alle kinders hou van stories! Veral verhale met spanning en humor is baie gewild.
Hierdie 6 boeke voldoen volkome aan hierdie behoefte. Die genres sluit in: avontuur,
wetenskapfiksie, diere, histories, biografies, volksvertellings, mites, sprokies
en legendes.
Daar is selfs ’n kort drama of hoorspel ingesluit in die hoër vlakke. Elke verhaal
word toegelig met toepaslike illustrasies en vrae.
Die Onderwysersgids bevat ’n CD waarop bekende stemkunstenaars soos Lucas
Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verhale
voorlees. |
Stories vir lekker lees Vlak 1 - ISBN 9781770021914
Stories vir lekker lees Vlak 2 - ISBN 9781770021921
Stories vir lekker lees Vlak 3 - ISBN 9781770021938
Stories vir lekker lees Vlak 4 - ISBN 9781770021945
Stories vir lekker lees Vlak 5 - ISBN 9781770021952
Stories vir lekker lees Vlak 6 - ISBN 9781770021969
Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Verse vir lekker lees
Die gradeerde reeks van verse en rympies vul ’n groot leemte in die klaskamer. Best
Books publiseer vir die eerste keer 6 versbundels wat hierdie behoefte aanspreek.
Leerders kan kennismaak met Philip de Vos se prettige verse, of hulle verdiep in
gedigte soos Ingrid Jonker se “Kabouterliefde”, I.D. du Plessis se “Kaapse Kossies”,
A.B. Bruintjies se “Tjoe-tjoe” en “Die mot en die kers” van C.J. Langenhoven.
Daar is selfs ’n paar grillerige gedigte soos A.G. Visser se “Die ruiter van Skimmelperdpan”
en Antjie Krog se “Spoke”. |
Woordverklarings omvang elke gedig. Waar nodig word die konteks van die gedig uitgelê.
Poësie-beginsels word ook op ’n eenvoudige manier aan leerders verduidelik om die
wonderlike wêreld van woorde vir hulle te ontsluit.
Die Onderwysersgids bevat ’n CD waarop bekende stemkunstenaars soos Lucas
Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verse
voorlees.
Verse vir lekker lees Vlak 1 - ISBN 9781770021976
Verse vir lekker lees Vlak 2 - ISBN 9781770021983
Verse vir lekker lees Vlak 3 - ISBN 9781770021990
Verse vir lekker lees Vlak 4 - ISBN 9781770022003
Verse vir lekker lees Vlak 5 -ISBN 9781770022010
Verse vir lekker lees Vlak 6 - ISBN 9781770022027
Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Liplekker leesdinge
Best Books lewer weereens baanbrekerswerk deur 6 boeke propvol kommunikatiewe/funksionele
tekste soos kort verslae, e-posse, SMS’e, kennisgewings, boodskappe, pamflette,
poskaarte, briewe en telefoongesprekke aan te bied.
Die liplekkler leesboeke bevat ook transaksionele tekste soos berigte, artikels,
dialoë, gesprekke, onderhoude en resensies.
Liplekker leesdinge Vlak 1 - ISBN 9781770022034
Liplekker leesdinge Vlak 2 - ISBN 9781770022041 |
Liplekker leesdinge Vlak 3 - ISBN 9781770022058
Liplekker leesdinge Vlak 4 - ISBN 9781770022065
Liplekker leesdinge Vlak 5 - ISBN 9781770022072
Liplekker leesdinge Vlak 6 - ISBN 9781770022089
Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Lekker lees en leer
Nog ’n vernuwende stel van 6 boeke gaan leerders aan die lees en leer kry. Hierdie
boeke konsentreer op visuele en grafiese tekste soos grapprente, strokies,
illustrasies, eenvoudige diagramme, tabelle, kaarte, eenvoudige grafieke (soos skaal-
en staafgrafieke), roosters, simbole, vertellings, beskrywings, tydlyne en woordspeletjies.
Lekker lees en leer Vlak 1 - ISBN 9781770022096
Lekker lees en leer Vlak 2 - ISBN 9781770022102 |
Lekker lees en leer Vlak 3 - ISBN 9781770022119
Lekker lees en leer Vlak 4 - ISBN 9781770022126
Lekker lees en leer Vlak 5 - ISBN 9781770022133
Lekker lees en leer Vlak 6 - ISBN 9781770022140
Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za
|
Onderwysersgids
Die Kroonsteen-leesreeks beskik ook oor ’n omvattende onderwysersgids. Alle antwoorde
vir die lees- en leeroefeninge van al 30 Kroonsteen-boeke is vervat in die gids.
Addisionele agtergrondinligting oor die verskillende tekssoorte maak ook deel uit
van die gids, byvoorbeeld: Wat is die eienskappe van legendes? Hierdie handige inligting
sal onderwysers se werk verminder en sorg vir gestandardiseerde leesonderrig in
skole.
|
Bonus:
Die Onderwysersgids bevat 2 CD’s waarop bekende stemkunstenaars soos Lucas
Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verhale
en verse voorlees.
ISBN: 9781770022744
Uitgewer: Best Books
Jy kan die hele Kroonsteen-reeks bestel :ISBN: 9781770022737
Boeke kan ook individueel aangekoop word.
Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos:
orders@onthedot.co.za