Miserella


Het jy van Twilight gehou? Dan moet jy Miserella lees!

Sommige geheime gaan saam met jou na die graf toe. Ander het ’n vreemde manier om terug te kom …

Miserella en haar broer, Juvenis, bly in ’n Gotiese kasteel by hul eksentrieke, dog ellendige tantes, Violenta en Laniolet. Én, natuurlik die dooie Mortallus. Of altans, hy is nie régtig dood nie, daarom hou hulle sy as in ’n spesiale urn terwyl hy probeer om weer lewend te word.

Hy het in as verander toe een van sy partytjie-toertjies lelik skeef geloop het.

Maar hoekom word Miserella en Juvenis teen hulle sin in die kasteel aangehou en moet hulle so hard werk? En hoekom slaap hulle in die dag en is in die nag wakker? Watter geheime lê opgesluit in die Dier wat om die kasteel sluip en die snaakse misrook in die kasteel se gange? En wat gaan gebeur as hulle nare oom Mortallus eendag uit die as opstaan? Wie is Carlo, die jong man wat Miserella se hart vinniger laat klop?

Lees hierdie lekker tonekrul-Gotiese roman vol humor, spanning en romanse, en vind al die geheime uit. Die boek is gemik op tieners en jong volwassenes en is 228 bladsye lank.

Uitgewer: Human & Rousseau-Uitgewers
ISBN: 9780798148955

Lees 'n uittreksel uit Miserella

Koop Miserella nou by Kalahari.net

Die boek is ook beskikbaar in die meeste groot boekwinkels.

 

Afrikaans - Tuisblad
English - Home page