In
Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ’n
VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na
normaal. Of só dink Lucas ...
Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit
om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens
het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ’n sny in my kop gemaak ...
Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit
so bang nie.”
Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie
wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir
Lucas twee geskenke: ’n tipe knipmes met ’n laserstraallem en ’n eCom
waarmee hy kan kommunikeer. ’n Vreemde man is op Lucas se spoor en waag
dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie.
Maar die vreemdste van alles is die skrikwekkende visioene wat Lucas
onverhoeds begin teister. Wat beteken hulle? Sal hulle ooit ophou? En
sal Lucas en sy vriende hulle ruimtelike vuurdoop oorleef?
Klik hier om Nova: Vuurdoop by Kalahari.net te koop.Klik hier om Nova: Vuurdoop by Lapa Uitgewers te koop. Klik hier om meer uit te vind oor Nova - die storie en die karakters en UFO's!