Onderwêreld


Wenner: Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur (2007) en ATKV-Woordveertjie (2009) 

“Hulle weet ek was in hulle systems. Hulle weet wat ek gedoen het. 

Hulle weet wie ek is.” 

Greg Owen is die hoofseun van ’n privaat seunskool wanneer Eckardt Wilken, ’n buitestander, in matriek by hulle aansluit.

Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen die twee seuns. Eckardt erken dat hy ’n voortreflike rekenaar-hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom, onwillekeurig, in ’n gevaarlike avontuur intrek. Met Eckardt se skielike en geheimsinnige verdwyning begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Die onderwêreld ken sy naam en roep hom om te kom speel. 

Die skrywer het uitvoerige navorsing gedoen oor hacking en dit, tesame met ’n goed geskrewe en gekonseptualiseerde storielyn, maak vir spannende leesstof.

Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 9780624046691

Lees 'n resensie van Onderwêreld

Lees 'n uittreksel uit Onderwêreld

Hoe is Onderwêreld geskryf?

Koop Onderwêreld nou by Kalahari.net

Die boek is ook beskikbaar in die meeste groot boekwinkels.

Afrikaans - Tuisblad
English - Home page