Skreeu
Soos ’n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ’n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense
geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig.
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 22
uiteenlopende skrywers – van bekende skrywers soos Fanie Viljoen, Jan van Tonder, Riana
Scheepers, Martie Preller en Jaco Jacobs tot opwindende nuwe stemme
soos Lydia du Plessis.
Formaat: Sagteband
137 x 212mm
160pp
ISBN: 978 0 7993 4684 8
Beskikbaar by alle goeie boekwinkels
Ook direk beskikbaar by Lapa uitgewers.