Slym en die gogga-sirkus


Wenner van twee ATKV-Woordveertjies (2008)

Die gogga-sirkus is hier!

Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas is baie opgewonde oor die pragtige rooi-en-wit sirkustent. Daar is slakke wat suigstok-toertjies doen, sprinkane baljaar op trampoliens en die krieke oefen vir die sirkus-simfonie.

Maar iewers sluip 'n skelm met bose planne rond ...

Sal Slym en sy beste vriend, Paddavoet, 'n plan kan maak voordat dit te laat is?

As jy gehou het van Slym se eerste avontuur, gaan jy mal wees oor Slym en die gogga-sirkus. Dit is weer propvol humor en aksie. Dit kan gebruik word vir voorlees en selflees deur jong lesers.  


Lees 'n uitreksel uit Slym en die gogga-sirkus

Maak Slym se skatkis


Uitgewer: LAPA

ISBN: 978 0799 338 928

Blaaie: 72 met volkleur illustrasies

Bestel: Bestel die boek nou by Kalahari.net   Of bestel direk by Lapa Uitgewers.  Jy kan ook 'n e-pos stuur aan lapa@lapa.co.za of bel 012 - 401 0700.
Afrikaans - Tuisblad
English - Home page