Sweef
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25
uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie
Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie
Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids
(beter bekend as Errol van 7de Laan).
Al die verhale in
Sweef het een
ding gemeen – dit is spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis van
die wêreld. Daar is stories wat jou sal laat dink en droom, stories wat
jou sal laat ril en raai, en bowenal stories wat jou sal laat ...
sweef.
Die perfekte boek vir ure se leesgenot. En vir klaskamergebruik
is daar ’n opwindende
Sweef-onderwysersgids beskikbaar met uitgewerkte
vrae, skryfwenke, asook ’n CD met voorlesings deur van die skrywers.
Uitgewer: Lapa
ISBN: 978 0 7993 4552 0
Klik en koop Sweef nou by Kalahari
Klik en koop Sweef se studiegids nou by KalahariKlik en koop Sweef nou by Lapa uitgewers.