Van spoke gepraat
Byeengebring deur Charles Fryer
Drie en dertig skrywers span hier saam om die
leser koue rillings te gee: van ons beste gevestigde skrywers tot belowende
jongeres. Die verhale – nuut geskep, behalwe twee voortreflikes wat reeds
verskyn het – gaan grotendeels oor dwaalgeeste of teenwoordighede uit ’n ander
dimensie.
Geeste wat nie tot rus kan kom nie, dwaal in ’n ou
plaashuis, in die waaksaal van ’n hospitaal, of in die nagmis langs die see.
’n
Mistieke teisteraar vervul ’n jong meisie met ’n mengsel van bekoring en vrees,
terwyl ander gryslanders kom om geliefdes te troos ná ’n skielike dood. ’n Ou
hond bring ’n boodskap uit die skimmeryk, en ’n wit koei stap sielig deur
doringdraad. En een stormnag staan die spookvrou van Uniondale langs die pad om
te ryloop ...
Die meeste van die verhale is fiktief, ander
gedeeltelik, en enkeles is op werklike ervarings gegrond. Soms lê die
ondervinding – deur droom of visioen – op die rand van die werklikheid.
Ná die lees van hierdie boek sal spoke nooit
weer dieselfde wees nie. Maar wees gewaarsku: Moenie al die verhale op ’n
streep lees nie. Laat elkeen uit eie reg by jou spook.
Lees Fanie Viljoen se kortverhaal Spookstorie in
hierdie bundel.
ISBN 978-0-624-04390-4
Uitgewer: Tafelberg
Koop die boek nou by Kalahari.net