Vonk@verse
 

Vonkverse 1 & 2
is uitsonderlike, volkleur-geïllustreerde digbundels wat kreatiewe vonke gaan laat spat. Aan die hand van rymende en ritmiese verse gaan lesers die sprankelwêrelde van verskuns ontdek en geniet. Die wye verskeidenheid nuwe en klassieke verse is gekies om belangstelling in en liefde vir die poësie aan te wakker. Dit bied ook uitdagings vir rolspel, dramatisering en vonkelende voordrag.

Die bundels gaan ook 'n vonk terugsit in poësie-onderrig. Die gedigte is tematies en volgens moeilikheidsgraad gerangskik. Die woordverklarings, kort besprekings en enkele vrae ondersteun die leser se interaksie met die teks en bevorder deeglike begrip van die betekenis en boodskap.

'n Hele paar van Fanie Viljoen se gedigte en verse verskyn in hierdie bundels. Hy het ook albei bundels se illustrasies gedoen .

Nou beskikbaar: bestel by On The Dot: (021) 918 8810 of by orders@onthedot.co.za.

Kontak Best Books by (012) 431 7460.


Klik en koop Vonk@verse 1 nou aanlyn by Kalahari.

Klik hier en koop Vonk@verse 2 nou aanlyn by Kalahari.





Afrikaans - Tuisblad
English - Home page