Vonkfiksie
DiƩ bundel, die resultaat van die De Kat en Human
& Rousseau se kort-kortverhaalwedstryd, bevat 45 verhale, insluitend
Nanette van Rooyen se wenverhaal, 'Tollie Hans', en naaswennende verhale deur
Abraham H. De Vries, Rachelle Greeff, Martie Preller en Herman Wasserman.
En
die vonke spat behoorlik, want nog meer as in gewone verhale moet elke woord
hier ekonomies ingespan, elke sin haarfyn beplan word . . .
Hierdie is verhale
wat die uitdrukking 'kort maar kragtig' gestand doen, met talentvolle debutante
wat skouers skuur met gevestigde skrywers.
Lees Fanie Viljoen se kort-kortverhaal Weersiens in hierdie bundel
ISBN 0-7981-3944-7
Uitgewers: Human & Rousseau