Biografie
Fanie Viljoen is
op 2 Januarie 1970 gebore in Welkom, en hy het ook daar skoolgegaan. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool
Goudveld. Daarna volg twee jaar nasionale diensplig in Kimberley, Oshivello en
Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds werk by Sanlam. Hy skryf in dié tyd in vir
'n deeltydse kursus in grafiese ontwerp. Hy behaal die N6-sertifikaat in 1995
aan die Welkom Kollege. In 2002 volg 'n BA-graad in Sosiale Wetenskappe aan Unisa.
Die skilder-
en skryfgogga het Fanie alreeds op skool gebyt. Hy het 'n aanmoedigingsprys
gewen in een van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse
skryfkompetisies (1987). Hy het ook kuns op skool geneem.
Fanie het al
aan verskeie kunsuitstallings deelgeneem in Welkom, Bloemfontein en Kaapstad.
Van sy skilderye het 'n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en
Brittanje.
Fanie se
eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies
in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is Fanie een van Suid-Afrika se gerekende
kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Hy skryf veral
kinder- en jeugboeke omdat daar nie grense is aan kinders se verbeelding nie.
Fanie Viljoen woon sedert Januarie 2000 in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.
Die
volgende boeke het alreeds uit sy pen verskyn:
- Nova: Die Begin (2010) Lapa Uitgewers
- MindF**k (2010) Ransom Publishing
- 13 Spookstories - saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2010) Lapa Uitgewers
- Slym en die beker van geluk (2009) Lapa Uitgewers
- Kaptein Hamerkophaai (2009) Tafelberg Uitgewers
- Onderwêreld (2008) Tafelberg Uitgewers
- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008) Human & Rousseau Uitgewers
- Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals (2008) Tafelberg Uitgewers
- Miserella (2007) Human &
Rousseau Uitgewers
- Klits Kronkel en die Vlammende
Swaard (2007) Tafelberg Uitgewers
- Slym en die Gogga-sirkus
(2007) Lapa Uitgewers
- Geraamte in die klas (2006)
Human & Rousseau Uitgewers
- Spoke en ander gruwelike goed
(2005) Human & Rousseau Uitgewers
- BreinBliksem (2005) Tafelberg Uitgewers
- Slym (2004) - Lapa Uitgewers
|
 |