Boeke vir skole

 

Droomskip en ander radiodramas


Nasou Via Afrika Uitgewers kondig met trots ’n besondere literêre gebeurtenis aan: die publikasie van ’n splinternuwe radiodramabundel! – Droomskip en ander radiodramas

 

Blindemol  – Chris Barnard ; Beseringstyd – Charles J. Fourie ; Droomskip – S.D. Fourie ; Nagwaak – Helena Hugo ; Omdat die wind alleen is – Engela van Rooyen ; Die losprys – Fanie Viljoen


 

Radiodrama is ’n eiesoortige genre wat in die eerste plek bedoel is om na geluister te word. Die radiodrama as teks is egter ook ’n besondere literêre genre wat unieke uitdagings aan die skrywer stel – reeds tydens die skryfproses moet die ouditiewe aard en verskeie tegniese aspekte in gedagte gehou word.

 

Afrikaans-huistaalleerders moet tydens die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase, Grade 10, 11 en 12) ’n vierde genre as deel van die gestelde uitkomste van die Nasionale Kurrikulum Verklaring (NKV) behandel. Die keuse kan gemaak word tussen byvoorbeeld ’n filmteks, verhoogteks of radiodramateks. Ongelukkig bestaan daar min gepubliseerde eietydse dramas. Dit bemoeilik die onderwyser se taak aansienlik en lei daartoe dat gedateerde tekste (wat verwyder is van leerders se verwysingsveld) tot vervelens toe behandel word. Die hoorspel / radiodrama is ook spesifiek ingesluit by die NKV vir Drama-leerders. Hierdie bundel is ook uiters geskik vir die onderrig van ’n derde genre aan Afrikaans-EAT-leerders.

 

Met Droomskip en ander radiodramas bied Nasou Via Afrika die beste oplossing vir die uitdaging waarvoor Afrikaans- en Drama-onderwysers te staan kom.

Lees meer hieroor en kry ook inligting oor werkswinkels vir die gebruik van die bundel.

ISBN: 978-1-415-40289-4

Samesteller: Herman van der Westhuizen

Formaat: 208 bladsye  – met MP3’s op CD ingesluit

Uitgewer: Nasou Via Afrika Uitgewers

Koop Droomskip nou aanlyn by Kalahari.net


 

Sweef

Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Al die verhale in Sweef het een ding gemeen – dit is spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis van die wêreld. Daar is stories wat jou sal laat dink en droom, stories wat jou sal laat ril en raai, en bowenal stories wat jou sal laat ... sweef.

Die perfekte boek vir ure se leesgenot. En vir klaskamergebruik is daar ’n opwindende Sweef-onderwysersgids  beskikbaar met uitgewerkte vrae, skryfwenke, asook ’n CD met voorlesings deur van die skrywers.

Uitgewer: Lapa
ISBN: 978 0 7993 4552 0

Koop Sweef nou by Kalahari.net

Koop Sweef se studiegids nou by Kalahari.net


 

Wens op 'n seester


Ayize is eensaam en sy wil graag 'n vriendin hê wat van haar hou en haar spesiaal laat voel. Sy tel 'n seester op by die strand. Opgewonde dink sy aan iets om te wens.
Maar Thabisa is so ongelukkig en het miskien die wens meer nodig as sy.
Kan wense regtig waar word?

Wens op 'n seester is deel van Shuter & Shooter se Zebra-leesreeks.

Uitgewer: In Afrikaans en Engels uitgegee deur Shuter & Shooter uitgewers

ISBN Wens op 'n seester: 978 0796 032 485

          Wish upon a starfish: 978 0796 032 447         

Blaaie: 30 blaaie met volkleur illustrasies

Bestel: Direk van Shuter & Shooter uitgewers



 

Kaptein Hamerkophaai


Kaptein Hamerkophaai het in 2008 weekliks in Die Burger se KleinB verskyn. Onderwysers en leerders het elke week uitgesien na die woeste seerower se avonture.

Klik hier vir meer inligting oor die boek.

Onthou ook dat jy lesplanne en 'n voorlesing van die boek kan aflaai by die Klein Burger.

 

Lees 'n uittreksel uit Kaptein Hamerkophaai

Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624045441

Blaaie: 78 met volkleur illustrasies deur die skrywer

Bestel: Koop die boek nou by Kalahari.net 



 

Kroonsteen-leesreeks

Best Books se opwindende nuwe Afrikaanse leesreeks gaan leerders se verbeelding aangryp en hul vasgenael hou met voortreflike kinderboeke, kortverhale, gedigte, rympies, dramas, grappies, volksvertellings en nog baie meer.

Die beste Suid-Afrikaanse skrywers se werk word verteenwoordig in die reeks van 30 boeke.

Die Kroonsteen-reeks is ’n gradeerde leesreeks vir die Intermediêre Fase (graad 4-6). Elke boek is gekoppel aan bepaalde leesvaardighede en spesiale aandag is gegee aan woordeskat, sinskonstruksie en konteks. Die boeke sluit ook vrae, prettige aktiwiteite en woordverklarings in.

Het jy geweet?
Die Kroonsteen-leesreeks is op die volgende voorgeskrewe lyste:
  • Namibië
  • Wes-Kaap
  • Noord-Kaap


 

Terugvoer oor die Kroonsteen-reeks


Best Books se uitgebreide bekendstellingsveldtog vir die Kroonsteen-reeks vorder goed. Talle onderwysers en vakadviseurs het sessies in die Wes-Kaap, Gauteng en die Vrystaat bygewoon en vol ywer begin aanskaf vir hul skole. Hier is van die terugvoer wat ontvang is na afloop van die bekendstellings:

  • Dit is ‘n goeie reeks en dit skakel in met die kurrikulumvereistes. – Gamka-Oos Primêr

  • Leersaam - leerders sal boeke interessant vind aangesien inhoud wye aspekte dek. – PJ Badenhorst Primêr
  • Uitstekend! – Grootkraal UCC Primêr

  • Ek hou van die uitleg, kleur en druk van die Kroonsteen-reeks. – Van Reede Primêr

  • Die boeke lyk wonderlik. Die illustrasies en kleure sal byval vind by die kinders. Die aktiwiteite lyk baie goed. – Tamboerskloof Primêr 

  • Die boeke inspireer ons en spoor ons aan om die taal aan te bied. Ons weet dat die kinders die illustrasies en teks baie gaan geniet. Dit maak die kinderjare weer avontuurlik en PRET. – Tamboerskloof Primêr

  • Baie interessant. Ons hou van die lig gesensitiseerde bladsye. Mooi illustrasies en kleur. – Claremont Primêr

Nog bekendstellings word binnekort gehou. Hou Best Books se webblad dop vir datums, plekke en tye. Of stuur 'n e-pos aan:

info@fanieviljoen.co.za


 

Die kaart van lank gelede

Alet Swart en haar ouers trek na die kusdorpie, Kroongolf. Sy ontdek ’n geheime kaart in die nuwe huis. Maar waarheen sal die kaart haar lei? En kan sy vir Vernon vertrou om haar te help?

Uitgewer: Best Books

ISBN9781770022720


Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Die geheim van die kroonsteen

Alet en Vernon droom nog oor die geld wat dalk in die geheime skatkis lê. Maar hulle kry ’n verrassing toe hulle die skatkis oopmaak . . .

Wie loer die kinders af? Wie is die Dapper Drie?

Wat is die kroonsteen en watter geheim is daarin opgesluit?


Uitgewer: Best Books

ISBN 9781770021860

Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Die kroon van die aarde

Die nuwe Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet uitvind waar die skielik aardbewing vandaan kom wat Kroongolf ruk. Maar dit is glad nie so maklik nie. Een van hulle moet ’n vriendskap aanknoop met Gideon en Mandla.

Uiteindelik wag daar baie gevaar, verraad en spannende oomblikke op die Dapper Drie.


Sal Gideon en Mandla die Dapper Drie kan lei na die Aardkroon? Sal die Dapper Drie vir die wrede Walg kan oorwin en die Aardkroon in die hande kry?

Uitgewer: Best Books

ISBN 9781770021877

Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Die kroon van die hemel

Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – ontdek ’n geheimsinnige lugskip teen die hange van Kroonheuwel. Toe hulle ondersoek instel, slaan die lugskip se deure toe en begin dit vanself beweeg. Maar waarheen vat dit hulle?

Die wrede Walg wil Kroongolf steeds vernietig. Groot storms bars los oor die kusdorpie.


Sal die Dapper Drie vir Walg kan stop voordat dit te laat is? En sal hulle die Hemelkroon in die hande kan kry?

Uitgewer: Best Books

ISBN9781770021884

Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Die kroon van die water

Die Dapper Drie se skubaduiklesse vorder uitstekend. Maar dan, een aand, sien hulle iets aardig terwyl hulle die duiktoerusting bêre . . . Die swembad se water skuif weg en ’n opening verskyn op die bodem. Twee duikers klim uit die tonnel onder die swembad.

Die Dapper Drie moet ondersoek instel. Maar waarheen sal die tonnel hulle lei?


Maar waarheen sal die tonnel hulle lei? Sal hulle staande bly teen Walg se volgende aanslag? En sal hulle die Waterkroon in die hande kan kry?

Uitgewer: Best Books

ISBN: 9781770021891

Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Die kroon van die mense

Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in ’n boorpunt. Vernon se buurman vind ’n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg.

Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Dié slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig.


Dié slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne het verander. En nou sal dit beslis werk . . .

Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon in die hande kan kry?  En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin?

Uitgewer: Best Books

ISBN: 9781770021907

Bestel by On the Dot 021 – 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Stories vir lekker lees

Alle kinders hou van stories! Veral verhale met spanning en humor is baie gewild. Hierdie 6 boeke voldoen volkome aan hierdie behoefte. Die genres sluit in: avontuur, wetenskapfiksie, diere, histories, biografies, volksvertellings, mites, sprokies en legendes.

Daar is selfs ’n kort drama of hoorspel ingesluit in die hoër vlakke. Elke verhaal word toegelig met toepaslike illustrasies en vrae.

Die Onderwysersgids bevat ’n CD waarop bekende stemkunstenaars  soos Lucas Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verhale voorlees.


Stories vir lekker lees Vlak 1 - ISBN 9781770021914

Stories vir lekker lees Vlak 2 - ISBN 9781770021921

Stories vir lekker lees Vlak 3 - ISBN 9781770021938

Stories vir lekker lees Vlak 4 - ISBN 9781770021945

Stories vir lekker lees Vlak 5 - ISBN 9781770021952

Stories vir lekker lees Vlak 6 - ISBN 9781770021969

 

Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Verse vir lekker lees

Die gradeerde reeks van verse en rympies vul ’n groot leemte in die klaskamer. Best Books publiseer vir die eerste keer 6 versbundels wat hierdie behoefte aanspreek. Leerders kan kennismaak met Philip de Vos se prettige verse, of hulle verdiep in gedigte soos Ingrid Jonker se “Kabouterliefde”, I.D. du Plessis se “Kaapse Kossies”, A.B. Bruintjies se  “Tjoe-tjoe” en “Die mot en die kers” van C.J. Langenhoven.

Daar is selfs ’n paar grillerige gedigte soos A.G. Visser se “Die ruiter van Skimmelperdpan” en Antjie Krog se “Spoke”.

Woordverklarings omvang elke gedig. Waar nodig word die konteks van die gedig uitgelê. Poësie-beginsels word ook op ’n eenvoudige manier aan leerders verduidelik om die wonderlike wêreld van woorde vir hulle te ontsluit.
Die Onderwysersgids bevat ’n CD waarop bekende stemkunstenaars  soos Lucas Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verse voorlees.

Verse vir lekker lees Vlak 1 - ISBN 9781770021976

Verse vir lekker lees Vlak 2 - ISBN 9781770021983

Verse vir lekker lees Vlak 3 - ISBN 9781770021990

Verse vir lekker lees Vlak 4 - ISBN 9781770022003

Verse vir lekker lees Vlak 5 -ISBN 9781770022010

Verse vir lekker lees Vlak 6 - ISBN 9781770022027


Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Liplekker leesdinge

Best Books lewer weereens baanbrekerswerk deur 6 boeke propvol kommunikatiewe/funksionele tekste soos kort verslae, e-posse, SMS’e, kennisgewings, boodskappe, pamflette, poskaarte, briewe en telefoongesprekke aan te bied.

Die liplekkler leesboeke bevat ook transaksionele tekste soos berigte, artikels, dialoë, gesprekke, onderhoude en resensies.

Liplekker leesdinge Vlak 1 - ISBN 9781770022034

Liplekker leesdinge Vlak 2 - ISBN 9781770022041

Liplekker leesdinge Vlak 3 - ISBN 9781770022058

Liplekker leesdinge Vlak 4 - ISBN 9781770022065

Liplekker leesdinge Vlak 5 - ISBN 9781770022072

Liplekker leesdinge Vlak 6 - ISBN 9781770022089


Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Lekker lees en leer

Nog ’n vernuwende stel van 6 boeke gaan leerders aan die lees en leer kry. Hierdie boeke konsentreer op visuele en grafiese tekste soos grapprente, strokies,  illustrasies, eenvoudige diagramme, tabelle, kaarte, eenvoudige grafieke (soos skaal- en staafgrafieke), roosters, simbole, vertellings, beskrywings, tydlyne en woordspeletjies.

Lekker lees en leer Vlak 1 - ISBN 9781770022096

Lekker lees en leer Vlak 2 - ISBN 9781770022102

Lekker lees en leer Vlak 3 - ISBN 9781770022119

Lekker lees en leer Vlak 4 - ISBN 9781770022126

Lekker lees en leer Vlak 5 - ISBN 9781770022133

Lekker lees en leer Vlak 6 - ISBN 9781770022140


Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za

 

Onderwysersgids

Die Kroonsteen-leesreeks beskik ook oor ’n omvattende onderwysersgids. Alle antwoorde vir die lees- en leeroefeninge van al 30 Kroonsteen-boeke is vervat in die gids. Addisionele agtergrondinligting oor die verskillende tekssoorte maak ook deel uit van die gids, byvoorbeeld: Wat is die eienskappe van legendes? Hierdie handige inligting sal onderwysers se werk verminder en sorg vir gestandardiseerde leesonderrig in skole. 

Bonus:

Die Onderwysersgids bevat 2 CD’s waarop bekende stemkunstenaars  soos Lucas Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verhale en verse voorlees.


ISBN: 9781770022744
Uitgewer: Best Books

Bestel die hele Kroonsteen-reeks teen R1669.45 (ISBN: 9781770022737)

Boeke kan ook individueel aangekoop word.

Bestel by On the Dot 021 - 918 8810 of e-pos: orders@onthedot.co.za


 

Piekfyn Afrikaans Geïntegreerde taalteks - Graad 12, Huistaal

Saamgestel deur Riens Vosloo, Henk Viljoen, Belinda Prinsloo, Heleen Stevens en Braam Ras

'n Omvattende geïntegreerde taalteks propvol interessante idees en aktiwiteite om jou te help voorberei vir die eindeksamen. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat.


Jy gaan aan die hand van liplekker temas en tekste ...
  • Seepglad in verskillende sosiale situasies kommunikeer
  • Vlymskerp redeneer en jou standpunte handhaaf
  • Vlot en ekspressief voor ’n gehoor praat
  • Taal krities ontleed wanneer jy fyn daarna luister
  • Die kenmerke van die verskillende genres soos filmstudie, gedigte, sketse, ensovoorts, vir begrip, evaluering en pure genot lees en na kyk
  • Taalstrukture in geïntegreerde aktiwiteite foutloos gebruik en deeglik hersien
  • Splinternuwe woorde en sinne gebruik in jou skryfwerk
  • Heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf
  • Gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen
'n Uittreksel uit Fanie Viljoen se jeugroman BreinBliksem verskyn in hierdie taalteks. Voltooi verskeie aktiwiteite rondom die uittreksel, boekomslag en 'n resensie deur prof. Maritha Snyman.

ISBN: 978-1-77002-106-8

Uitgewer: Best Books


 

Piekfyn Afrikaans Geïntegreerde taalteks - Graad 12, Eerste Addisionele Taal

Saamgestel deur Riens Vosloo, Henk Viljoen, Belinda Prinsloo, Heleen Stevens en Braam Ras

'n Omvattende geïntegreerde taalteks propvol interessante idees en aktiwiteite om jou te help voorberei vir die eindeksamen. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat.


Jy gaan aan die hand van liplekker temas en tekste ...
  • Seepglad in verskillende sosiale situasies kommunikeer
  • Vlymskerp redeneer en jou standpunte handhaaf
  • Vlot en ekspressief voor ’n gehoor praat
  • Taal krities ontleed wanneer jy fyn daarna luister
  • Die kenmerke van die verskillende genres soos filmstudie, gedigte, sketse, ensovoorts, vir begrip, evaluering en pure genot lees en na kyk
  • Taalstrukture in geïntegreerde aktiwiteite foutloos gebruik en deeglik hersien
  • Splinternuwe woorde en sinne gebruik in jou skryfwerk
  • Heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf
  • Gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen

'n Uittreksel uit Fanie Viljoen se jeugroman BreinBliksem verskyn in hierdie taalteks. Voltooi verskeie aktiwiteite rondom die uittreksel, boekomslag en 'n resensie deur prof. Maritha Snyman.

ISBN: 978-1-77002-070-2

Uitgewer: Best Books


 

Mengelmoes

Saamgestel deur Marita van Aswegen

Mengelmoes bied ’n verskeidenheid kortverhale met uiteenlopende karakters en situasies. So is daar die verhaal van “My nefie se donkie” wat vertel hoe Sekola woedend raak wanneer ’n donkie hom laat sukkel. Maar Langoor word sy bondgenoot toe Sekola die keer voel hy steek sleg af by sy ryk nefie uit die stad met sy selfoon.

In hierdie verhale sal jong plattelandse lesers hul eie leefwêrelde herken. En jong stedelike lesers sal met nuwe leefwêrelde kennis maak.

Lees die volgende kortverhale van Fanie Viljoen in hierdie bundel:

  • Lehlohonolo
  • Lerato se son (Letsatsi la Lerato)

ISBN: 9780-627-02605-8

Uitgewer: Nasou Via Afrika-Uitgewers

 Koop die boek nou by Kalahari.net

(Ook beskikbaar in Suid-Sotho as “Thukulatshe” ISBN 0–627-02604-4. Vertaal deur DJN Mophethe en A Khonseka.)


 

In 'n neutedop

Samestellers: Izak de Vries en Karen Simpson

Agtien verhale deur topskrywers soos Abraham H. De Vries, Elias P. Nel en Madlala Makhaza. Die klem lê op verhale wat ’n storie vertel, want dit is primêr wat kortverhale behoort te wees. Sedert die heel oudste tye vertel ons stories vir mekaar. Hier in Afrika is daardie stories om kamp- en kookvure vertel.

Die verhale is gekies om die leser 'n breë oorsig van die verskillende subgenres van die kortverhaal te gee. Daar is liefdesverhale, waarskuwende verhale, komiese vertellings en 'n enkele, bondige literêre kunswerk wat huiwer tussen poësie en prosa.

Die verhale vang, in 'n neutedop, die lewe van Suid-Afrikaners vas. Van die verhale handel wel oor die dood, vigs of misdaad, maar die leser sal telkens die humor en skoonheid in elkeen raaksien.

Lees Fanie Viljoen se kortverhaal Game over, try again? in hierdie bundel.

ISBN: 978-1-86915-656-0

Uitgewer: Bateleur (Oorspronklik, nou uitgegee deur Nasou Via Afrika)

 Koop die boek nou by Kalahari.net

 

BreinBliksem (Interaktiewe gids vir die klaskamer)

Samesteller: Marie Esterhuysen

Die onderwysgids is geskryf volgens die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 1—12. Dit is gemik op graad 10-leerders wat Afrikaans as huistaal neem. Die gids sal onderwysers help met die voorbereiding en behandeling van die teks, en daarmee 'n groter belangstelling by leerders help kweek – in die boek self en in die letterkunde in die algemeen.

Die gids bevat die volgende:

  • Die belangrikste beginsels van die Nasionale Kurrikulumverklaring
  • Leeruitkomste van die Nasonale Kurrikulum, en die toepassing daarvan op die betrokke teks
  • Assesseringstandaarde
ISBN: 0-6240-4399-1

Uitgewer: Tafelberg



 

Trefkrag 9  (ook beskikbaar in Engels as Impact 9)

Samestellers: Francois Bloemhof en Johan van Lill

Hierdie Graad 9 leesboek bevat 'n versameling opwindende kortverhale, gedigte, strokiesprente en selfs 'n sepie! Die tekste pas by temas in die Trefkrag 9-leerderboek. Wanneer ’n nuwe tema aangepak word, kan jy dus die betrokke tekste daarmee saam lees en benut. In die leerderboek en onderwysergids is daar spesifieke aktiwiteite waarop die tekste in die boek van toepassing is.

 

Skrywers en digters soos Francois Bloemhof, Joan Hambidge, Daniel Hugo, George Weideman en Anoeschka von Meck se werk is opgeneem in hierdie bundel. 

Die verhale is nie net daarop gerig om leerders se leesvaardighede te verbeter nie, maar ook om waardes en aannames te identifiseer en kritiese reaksie uit te lok. 

'n CD maak deel uit van die Trefkrag Graad 9-reeks, met voorlesings van al die gedigte in hierdie bundel deur professionele voordragkunstenaars. Onderwysers kan dit gebruik om leerders te ondersteun met die vertolking van die gedigte. Die eerste paar tonele van die sepie is ook verfilm en is op die CD en bied leerders 'n perfekte geleentheid om te leer verstaan hoe teks in beeld en klank omgesit word.

 

Lees Fanie Viljoen se kortverhale 'n Baie belangrike boodskap en Nagmerrie vir ’n stadskind in hierdie bundel.

 
 

ISBN: 978-1-77004-954-3 (Engels: 978-1-77004-954-4)

Samestellers: Francois Bloemhof en Johan van Lill

Uitgewer: Nasou Via Afrika

 



 

Afrikaans - Tuisblad
English - Home page


Het jy geweet?

Die Kroonsteen-
leesreeks is op
die volgende
voorgeskrewe
lyste:
 
  • Namibië
  • Wes-Kaap
  • Noord-Kaap


Hierdie skool het 'n
uitstekende
leesprogram - gaan
vind gerus uit hoe
doen Woutjies dit:

Laerskool Anton van Wouw