Boeke vir volwassenes
 

100 dichters 8

Gepubliseer in Leiden, 2005, deur die Internationaal Forum voor Nederlandse Taal-, Vertaal-, Letter- en Geschiedkunde.

Honderd gedigte in Nederlands, Afrikaans en verwante streekstale. Saamgestel deur Jan Biezen.

 


Fanie Viljoen se gedig Indringers verskyn in hierdie bundel.


 

Vonkfiksie

Dié bundel, die resultaat van die De Kat en Human & Rousseau se kort-kortverhaalwedstryd, bevat 45 verhale, insluitend Nanette van Rooyen se wenverhaal, 'Tollie Hans', en naaswennende verhale deur Abraham H. De Vries, Rachelle Greeff, Martie Preller en Herman Wasserman.

En die vonke spat behoorlik, want nog meer as in gewone verhale moet elke woord hier ekonomies ingespan, elke sin haarfyn beplan word . . .

Hierdie is verhale wat die uitdrukking 'kort maar kragtig' gestand doen, met talentvolle debutante wat skouers skuur met gevestigde skrywers.

Lees Fanie Viljoen se kort-kortverhaal Weersiens in hierdie bundel

ISBN 0-7981-3944-7

Uitgewers: Human & Rousseau

 


 

Van Spoke gepraat

Byeengebring deur Charles Fryer

Drie en dertig skrywers span hier saam om die leser koue rillings te gee: van ons beste gevestigde skrywers tot belowende jongeres. Die verhale – nuut geskep, behalwe twee voortreflikes wat reeds verskyn het – gaan grotendeels oor dwaalgeeste of teenwoordighede uit ’n ander dimensie.

Geeste wat nie tot rus kan kom nie, dwaal in ’n ou plaashuis, in die waaksaal van ’n hospitaal, of in die nagmis langs die see.  dood.

’n Mistieke teisteraar vervul ’n jong meisie met ’n mengsel van bekoring en vrees, terwyl ander gryslanders kom om geliefdes te troos ná ’n skielike dood. ’n Ou hond bring ’n boodskap uit die skimmeryk, en ’n wit koei stap sielig deur doringdraad. En een stormnag staan die spookvrou van Uniondale langs die pad om te ryloop ...
Die meeste van die verhale is fiktief, ander gedeeltelik, en enkeles is op werklike ervarings gegrond. Soms lê die ondervinding – deur droom of visioen – op die rand van die werklikheid.

Ná die lees van hierdie boek sal spoke nooit weer dieselfde wees nie. Maar wees gewaarsku: Moenie al die verhale op ’n streep lees nie. Laat elkeen uit eie reg by jou spook. 

Lees Fanie Viljoen se kortverhaal Spookstorie in hierdie bundel.


ISBN 978-0-624-04390-4

Uitgewer: Tafelberg

Koop die boek nou by Kalahari.net



Afrikaans - Tuisblad
English - Home page