Fanie Viljoen en Kabous Meiring - agter die skerms van die Klits Kronkel en Petra Pienk poppekas. Jy kan binnekort die teks vir hierdie opvoering van hierdie webblad aflaai.
(Foto Die Burger)
Die Bainsvlei-boekklub
Die akteurs van die BreinBliksem-toneelstuk: André Terblanche (Sky) , Anushka Life (Kelly), Viljé Maritz (Burns), Julia Strydom (Partygirl) en Rudi Brand (Kerbs).
Johnny de Ridder van Fokofpolisiekar teken BreinBliksem tydens die
bekendstelling in die Zula Bar in Langstraat, Kaapstad. (2005)
Francois Bloemhof en Fanie Viljoen op skoolbesoek. Hierdie ouens was die eerstes wat gehoor het van "BreinBliksem" en "Nie vir kinders nie".
Francois Bloemhof, Martie de Lange (Sanlam), Michelle Cooper
(NB-Uitgewers) en Fanie Viljoen tydens die Sanlam Prys vir Jeuglektuur 2005 se prysuitdeling.
Fanie Viljoen saam met die wenners van die Via Afrika / M-Net Pryse. Saam met Fanie staan onder ander Gcina Mhlope, Piet Grobler, Etienne van Heerden, Marita van der Vyver en Izak de Villiers.
In 2006 wen BreinBliksem die M.E.R.-prys vir jeuglektuur.
Oorhandiging van die M.E.R.-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek vir Geraamte in die klas. Eloise Wessels oorhandig die prys.
Bainsvlei biblioteek se tienerleeskring het BreinBliksem bespreek en die skrywer gepeper met vrae.
Fanie saam met die seunsleeskring van die Bainsvlei biblioteek. Wie dink jy is die bangste vir 'n spook?
Op besoek aan Somerset-Wes Primêre Skool om Klits Kronkel bekend te stel.
Hardus van Laerskool Bellpark hou van lees.
Raai wie het 'n boek gewen? Juffrou Susan-Mari Pieterse het 'n lekker boekbekendstelling met die skrywer gereël.
Slym se konsert soos opgevoer deur Thys Heydenrich. Dewald Louw het die rol van Slym gespeel.
Die dramastudente van die Vrystaat Universiteit het "Slym" opgevoer in 2005.