Lesers se menings
Hi Fanie, my dogtertjie is Jacomien en sy is 9.
Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood is die
eerste boek wat sy op haar eie gelees het. Sy het dit so geniet dat sy dit nie kon
neersit nie en het dit in 3 dae klaar gelees. Nou wil sy net lees. Sy het reeds
twee ander dogtertjies gemotiveer om die boeke te lees. Wil jy nie maar nog 'n boek
vir dogtertjies skryf nie?
Groete
Petra Labuschagne
(19 Augustus 2009)
Petra Pienk
Ek het
Onderwêreld
baie geniet. Dis geskryf vir die wyse en ingeligte jongmens van vandag en
dis ongelooflik goed nagevors! Die storielyn is ook baie sterk met ‘n verassende
einde! Die soort boek wat ek baie geniet!
Iloma Marais
(21 Mei 2009)
Hi Fanie,
Ek en my Graad 1 dogtertjie het nou net
Petra Pienk klaar gelees. Elke aand net 3 hoofstukke voor
slaaptyd, maar later kon nie ek of sy dit meer uithou nie en toe lees ons sommer
die hele boek klaar. Ek is absoluut mal oor jou skryfstyl – dis modern maar
nogsteeds goeie taalgebruik. Die kinders assosieer ook so maklik met die karakters.
Geraamte in die klas was SO snaaks, ek het dat al my sussies
en boetie dit ook lees (en hulle is onderskeidelik 26, 28 en 34 jaarJ). Ek
sal doodseker maak ek koop al jou boeke aan vir ons biblioteek en ek hoop dat jy
nog langjare sal skryf!
Vriendelike groete
Mariska Scholtz
(15 Mei 2009)
My dogtertjie, Lane is sooo erg oor jou boek Petra Pienk
dat sy my gevra het om nog sulke boeke ty kry!! Spesiaal was vir haar daardie geheime
bestanddeel!!!
Nuline van Vuuren
(20 Maart 2009)
Onderwêreld
was EXCELENT! ek kon dit nie neersit nie. Toe ek opie einde km het ek gewens
da was ng 200 bladsye. Rerig baie great. Kanie wag vi die volgende new release nie.
Thanx baie.
André Rossouw
(2 Desember 2008 - Facebook)
Ek het eergister jou boek
Onderwêreld begin
lees. Ek kon dit nie neersit nie, maar ek moes maar later toe die klok eenuur slaan
en die sandman aandring dat my oë nou moet toeval. Het sommer gister my leerwerk
afgeskeep sodat ek kon terugkom na die storie.
Karla Swart (13 November 2008)
Het die naweek
Onderwêreld
gelees terwyl ek by die see was. Het dit eintlik Vrydag vir my vriendin se
seun wat 17 word gekoop, maar het net begin lees en kon dit nie neersit nie. Dit
is 'n briljante boek, beslis een van my gunsteling boeke nou. Ek is mal oor Deon
Meyer se boeke en dit is soos Deon Meyer vir tieners. Ek hou van 'n boek wat in
twee tye geskryf word, weet nie wat is die skrywersterm daarvoor nie, maar jy weet
wat ek bedoel. Natuurlik was die hacking vir my baie interessant, jou navorsing
is so goed en dit moes seker baie tyd geneem het. Ek kan nie ontken dat die tipe
adrenalien my ook nogal tickle nie...
Dit is regtig baie aktueel en jy raak weereens baie temas aan wat so real is vir
tieners. Ek hou van die "onderwêreld" waarop jy op verskillende vlakke sinspeel.
Dit kan 'n lekker voorgeskrewe boek ook wees. Ek wonder net hoe weet jy
so goed hoe tieners se koppe werk?
Wel, Maandag sal ek maar nog 'n
Onderwêreld
moet gaan koop, want ek hou die een wat ek het vir myself!
Baie geluk met nog 'n uitstekende boek, moet asseblief nie ophou skryf nie!
Susan-Marie Pieterse
(14 September 2008)
Ek kon nie die boek (
Miserella) neersit toe ek eers begin
lees nie. Dit was 'n baie oulike boek.
Gaan oom asseblief gou Miserella 2 skryf?
Baie dankie vir die lekker boek.
Jana
(Mei 2008)
Ek wil jou net bedank vir die briefie wat jy vir my seun, Hardus, gestuur het. Ek
het lanklaas sy ogies so sien blink! Toe hy die middag nadat hy die briefie by die
skool gekry het, in my kar klim, sê hy vir my: "Mamma, ek is die gelukkigste seuntjie
in die hele wêreld." Hy raak so baie moedeloos omdat hy so sukkel om te lees. Jou
boeke gee om daardie aansporing wat hy nodig het om elke dag te probeer. Dankie
weereens.
Groete
Karen Swart
(Augustus 2007)
Hi Fanie
Dis Thelma Smit, graad sewe, van SWPS. Ek wil graag een van jou boeke lees. Ek is
mal oor lees en ek hou van enige soort boeke. Ons graad sewes wil graag hê jy moet
weer kom kuier.
Bye. See ya
(12 Maart 2007)
Baie dankie dat jy ons gr. 7- klas verlede week besoek het. Jou skryftalent het
my werklik verras! Groete tot volgende jaar. Hoop om jou weer by ons skool te sien!
Groete
Mev. Eileen de Klerk
(12 Maart 2007)
Hallo Fanie
Ek dink jou boeke is baie goed, veral
Spoke. Ek hou baie van fantasie
en avonture. Ek sal definitief ook vir my een van jou boeke koop!!!
Zander
(12 Maart 2007)
Hallo Fanie
Ek hou van jou boek,
Spoke. Dit is ’n lekker riller
van ’n boek.
Beste groete
Vinc Bergh van SWPS
(12 Maart 2007)
COOL boeke
Tiaan Brummer
(12 Maart 2007)
Ek wil net sê dat ek en my tienerdogter gister jou boek
BreinBliksem
gelees het.
Ons het die boek net na 1 uitgeneem en ek het gelees tot die einde en daarna het
sy begin. Ons kon nie een die boek neersit nie en wil maar net sê ons het dit vreeslik
geniet. Sy is 16 en dit het nogal vir my iets beteken, want ek gaan ook maar deur
‘n moeilike stadium met haar as tiener. Ons sien uit na jou volgende boek!
Mev Spies, Oudtshoorn
(12 April 2006)
Wow, dit is al wat ek kan sê oor
BreinBliksem!! Dit is 'n absolute
ongelooflike boek. Dankie aan Fanie en Tafelberg vir hierdie uitstekende stuk werk.
Toe ek begin lees het kon ek nie ophou tot dit klaar was nie en het dit die volgende
dag weer gelees!! Ek moet erken my brein was gebliksem na die tyd!! Ek en my vriende
woon gereeld 'trance/rave parties' by en die boek is ongelooflik na aan realiteit.
My vriendekring is almal 30+ en ek het al vir 4 van hulle oorreed om die boek te
koop. Ek self het al 3 kopieë aangeskaf as geskenke en almal was tot dusver ewe
beindruk met die boek. So dit is definitief nie net vir die jeug bedoel nie.
Soos 'n goeie wynmaker vriend van my altyd sê: jy hoef nie 'n wynkenner te wees
om 'n goeie wyn te herken nie. Net so weet ek (glad nie 'n literatuur 'boffin' nie)
dat hier iets ongelooflik is!! Weereens baie dankie en ek sien uit na wat kan volg
in die toekoms!
Quintus Willemse (Wenbrief in Insig Desember 2005)
Doen julleself ’n guns en gaan lees die boek
BreinBliksem
geskryf deur Fanie Viljoen. Dis ’n baie diep boek en moet ’n imagination hê om die
boek te lees … Jy kan nie stop as jy eers begin het nie.
Uittreksel uit “Patsy’s Studio” se “My Journal”
( 8 September 2005)
Ek wil net ’n kort brief skryf om te sê dat ek mal is oor die boek wat oom geskryf
het, (
Spoke en ander gruwelike goed ).
Dis die eerste boek van oom wat ek lees.
Ek het Donderdag wakker geword toe my ma met die boek by my kamer ingestap kom.
My pa moan vreeslik omdat ek te veel TV kyk en my pa weet nie wat om te doen om
my voor die TV weg te kry nie. My ma het die idee gekry om vir my een van oom se
boeke te kry. Donderoggend het ek oom se boek begin lees en is Donderdagmiddag,
nog voordat my ma terug is van die werk, klaar met die boek.
Ek wil net sê dat ek die boek baie geniet het en ek dink dat oom ’n wonderlike skrywer
is. Die hoofstuk wat ek die meeste geniet het, was hoofstuk 9 – Juffrou Pieternella
Poggenpoel se geraamtes tuimel uit die kas.
Van: Carla
Ek het baie gelag in
Geraamte in die klas! Lees is verskriklik lekker. Ek het alles
in een dag gelees, so lekker is die boek. Jy het
Slym
1 & 2 flippen mooi geteken.
Maryke Mostert (Laerskool Bellpark)
(Oktober 2007)