Aksieheld Austin: Operasie Sabotasie

Die eerste Aksieheld Austin-boek is nou op die rakke.

Ewald is baie opgewonde toe hy die rol van Aksieheld Austin in ’n fliek losslaan. Maar iets is nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. As Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees …

Ewald is very excited about his movie role as Action Hero Austin. But something isn’t quite right on the set of the film. It seems a real-life crook is dead-set on sabotaging the movie. If Ewald wants to save the movie, he will have to be just as brave as a REAL action hero …

Koop Aksieheld Austin by goeie boekwinkels, of klik hier om die book aanlyn te bestel.


Uittreksel

“Sny!” roep die regisseur. “Mooi so, ouens! Kom ons doen dit weer. Dié keer met ’n bietjie meer woema. Meer gevoel. Meer alles. Gaan groot! Ek wil die adrenalien voel.”
Maar hulle kom nie verder nie. Pedro hou skielik op met praat toe sy assistent sy selfoon vir hom aangee.
Ewald stap nader. Dit lyk of daar fout is. Hy wink vir Cardo uit die donker agter die kameras nader.
Pedro se hand bewe toe hy die boodskap op sy selfoon lees. Hy laat dit val, maar Ewald se reaksies is skerp. Hy vang die selfoon voordat dit die grond tref. Saam lees hy en Cardo die boodskap:

Ek sal julle fliek saboteer. Die
vallende ligte was maar net die begin
van die ongelukke. Volgende keer
sterf iemand. Julle is gewaarsku.


 Klik hier om die book aanlyn te bestel.

Save

Fanie Viljoen
Fanie se eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is Fanie een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Fanie Viljoen woon die afgelope 9 jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.