Boeke vir kinders
 |
13 SpookstoriesGlo jy aan spoke? Word jy bang vir vreemde goed wat ronddwaal in die nag? 13 Spookstories gaan sorg dat jy die komberse tot onder jou ken trek vanaand. Wie weet wat vir jou wag as jy die lig afsit?
Hierdie bundel bevat 13 super-grillerige verhale oor vreemde besoekers uit nog vreemder plekke ...
|
|
Die skrywers is Fanie Viljoen, Francois Bloemhof en Jaco Jacobs. Tanja Joubert se illustrasies gaan jou verbeelding laat spook.
Uitgewer: Lapa ISBN: 978 0 7993 4657 2
|
 |
Slym en die Beker van Geluk Koning Kwaak, die paddakoning, kom Paddavlei toe! En hy bring boonop die Beker van
Geluk saam. Enigiemand wat daaruit drink, sal sewe jaar lank dolgelukkig wees.
Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas kan nie wag om te sien wie gekies
gaan word om uit die beker te drink nie.
Maar dan gebeur ’n vreeslike ding ...
|
Hierdie is die derde titel in die opwindende
Slym-reeks.
Uitgewer: LAPA
ISBN: 978 0799 345 025
Blaaie: 84 met volkleur illustrasies
Bestel: Koop die boek nou aanlyn by Kalahari.net
Of bestel direk by Lapa Uitgewers. Jy kan ook 'n e-pos stuur aan lapa@lapa.co.za
of bel 012 - 401 0700.
|
Kaptein Hamerkophaai Kortlys: M.E.R.-prys vir jeuglektuur 2010
Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die domste vraag waaraan jy kan dink
in die klas vra?
Devon het dit gedoen en die volgende oomblik het kaptein Hamerkophaai – seerower,
sakkeroller, stranddief, vrybuiter, bedrieër en plunderaar van formaat – sy verskyning
gemaak! Kaptein Hamerkophaai het as vervolgverhaal
in KleinB, Die Burger se weeklikse kinderblad, verskyn. Lesers het met opgehoue
asem gewag vir elke week se aflewering. |
Nou kan kinders van oraloor deel in die spitsvondige kaptein Hamerkophaai en sy
trawante se avonture!
Jy kan ook die voorlesing en lesplan van
Kaptein Hamerkophaai van Die Burger se webblad aflaai by die
Klein Burger.
Lees 'n uittreksel uit Kaptein Hamerkophaai
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624045441
Blaaie: 78 met volkleur illustrasies deur
die skrywer
Bestel: Koop die boek nou by Kalahari.net
|
|
Nuwe Kinderverseboek Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana
Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, is die nuutste, lekkerste, opwindendste versameling
kinderverse in Afrikaans!
Dit bied by die driehonderd byderwetse verse spesiaal geskryf vir die Afrikaanse
kind van die 21ste eeu. Van tel- en toontjierympies vir die kleuter, verspotte verse
vir die vroeë skoolganers, tot die aanraak van belangrike temas vir die amper-tieners,
is Nuwe Kinderverseboek ’n versameling wat jong lesers inlei in die heerlike,
avontuurlike reis van poësie. |
Lees vyf van Fanie Viljoen se verse in die bundel.
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624046769
Blaaie: 216 met volkleur illustrasies deur
Maja Sereda, Tamsin Hinrichsen en Dale Blakenaar. Harde buiteblad.
Bestel:
Koop die boek nou by Kalahari.net
|
Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood
Wenner: ATKV-Woordveertjie (2009)
’n Paar koppies meel en suiker, ’n blertsie botter, eiers, ’n teelepel of wat vanieljegeursel,
bakpoeier, sout en natuurlik . . . piesangs. Varses – nie vrottes nie!
O ja, en . . . sjuu-uut . . . ’n geheime bestanddeel. |
Al hierdie bestanddele beland in Petra Pienk se gewilde piesangbrood. Maar as Petra
weer sien, verdrink sy amper in piesangbrooddeeg. En iemand probeer boonop haar
resep steel – net om uit te vind wat die geheime bestanddeel is.
Wil jy ook weet wat maak Petra se piesangbrood so gewild?
Nog een van Fanie Viljoen se prettige verhale wat jou aan die raai sal hou tot aan
die einde.
Lees 'n uittreksel uit Die geheime bestanddeel in
Petra Pienk se piesangbrood
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798150132
Blaaie: 82 met volkleur illustrasies deur
Lize-Marie Smit en Anja Aucamp
Bestel:
Klik hier om die boek te bestel.
|
Slym
Slym, 'n slymerige wurm, word deur 'n voël gevang. Slym skrik so groot dat hy 'n
bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so
groot dat hy vir Slym laat val by 'n skool vir paddas.
By die skool vind Slym uit dat hulle besig is om 'n paddakonsert te reël.
Dit laat Slym se kop oortyd werk, en met sy vriend, Paddavoet, se aanmoediging besluit
Slym om die eerste wurm te word wat in 'n paddakonsert optree.
|
Maar dit is egter nie so maklik nie. Slym sal eers by juffrou Plat Anna, Paddarotti
en Giftand die slang moet verbykom ...
Slym is 'n boek vol opwinding, spanning
en humor. Dit word aanbeveel vir lesers van 8 tot 10 jaar. Of ouers kan een of twee
van die kort hoofstukke elke aand lees vir 'n slaaptydstorie as die kind nog nie
kan lees nie. Die skrif in die boek is lekker groot vir jong lesers.
Lees 'n uittreksel
uit Slym Kleur vir
Slym in
Uitgewer: LAPA
ISBN: 978 0799 332 902
Blaaie: 72 met volkleur illustrasies
Bestel: Klik op die skakel aan die regterkant van die
webblad om die boek by Kalahari.net te bestel. Of bestel direk by Lapa Uitgewers. Jy kan ook 'n e-pos stuur aan lapa@lapa.co.za
of bel 012 - 401 0700.
|
Slym en die gogga-sirkus
Wenner van twee ATKV-Woordveertjies (2008)
Die gogga-sirkus is hier!
Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas is baie opgewonde oor die pragtige
rooi-en-wit sirkustent. Daar is slakke wat suigstok-toertjies doen, sprinkane baljaar
op trampoliens en die krieke oefen vir die sirkus-simfonie.
Maar iewers sluip 'n skelm met bose planne rond ... |
Sal Slym en sy beste vriend, Paddavoet, 'n plan kan maak voordat dit te laat is?
As jy gehou het van Slym se eerste avontuur, gaan jy mal wees oor Slym en die gogga-sirkus. Dit is weer propvol humor en aksie. Dit kan
gebruik word vir voorlees en selflees deur jong lesers.
Lees 'n uitreksel
uit Slym en die gogga-sirkus
Maak Slym se skatkis
Uitgewer: LAPA
ISBN: 978 0799 338 928
Blaaie: 72 met volkleur illustrasies
Bestel: Bestel die boek nou by Kalahari.net
Of bestel direk by Lapa Uitgewers. Jy kan ook 'n e-pos stuur aan lapa@lapa.co.za
of bel 012 - 401 0700.
|
Spoke en ander gruwelike goed
Jy het seker al gewonder oor spoke en ander gruwelike goed. Bestaan hulle regtig?
Of is dit net goed wat grootmense opmaak om kinders mee bang te maak? In Spoke sal
jy lees dat daar rêrig goed is soos spoke, zombies, vampiere en dooie dinge wat
in die donker rondsluip … Dit is hulle wat die hare op jou kop kan laat regop staan.
Dis hulle wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. Dis hulle wat jou
drome kan omtower in nagmerries!
So, skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toegemaak
en die deure is gesluit – en dan kan jy begin lees … |
Spoke en ander gruwelike goed bevat 16
lekker-lees spookstories. Soos Die mensvreters se begraafplaas waar Wouter saam
met sy pa gaan jag, maar hom dan vasloop in ’n spul mensvreter-spoke wat jare laas
mensvleis geproe het.
In Die kat kom terug bring ’n ou, verflenterde
man Elsabé se kat, Tinka, terug nadat sy weggeraak het. Maar alles is nie pluis
met Tinka nie. Het die ou man haar teruggebring uit die dood?
Daar is ook ander stories soos Bene in die Bos,
Die spookperd uit die hel en Ek is ’n vampire.
Die boek word aanbeveel vir lesers van 9 tot 14, of vir almal wat net hou van 'n
lekker spookstorie.
Lees 'n uittreksel uit Spoke en ander gruwelike goed Kleur 'n spookprent in
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 978-0-7981-4566-4
Blaaie: 126 met volkleur illustrasies deur Janine Henning
Bestel: Klik hier om nou die boek te bestel
|
Klits Kronkel en die Vlammende Swaard
Ontmoet Klits Kronkel. Speurder Klits Kronkel.
En sy assistent juffrou Splinter, sy kat Japtrap, die tegniese tegnikus Blitz Vinnig,
die wyse gryse Horrelpyp en die reus Pekel.
Klits se opdrag: om die Saffierswaardvanger op te spoor wat uit Nerf Edelsteen se
kasteel gesteel is. Maar wat voer Troebel, Nerf se broer, in die mou?
En wat het van Raaf, hul ander broer, geword? |
Bewapen met sy mini-nekeraar, leuenverklikker, rolskaatsskoene en silwer slympen,
is dit presies wat Klits gaan uitvind. Nog voor jy “draakpoeding” kan sê.
Hierdie is die eerste in 'n reeks Klits Kronkel boeke. Dit sal jong lesers laat
skaterlag vir Klits se avonture, maar ook laat naelsbyt van spanning. Die boek is
'n fantasieverlekkering en kan aanbeveel word vir selflees of voorlees.
Klits Kronkel en die vlammende swaard uittreksel
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 978-0-624-04246-4
Blaaie: 133 met swart en wit illustrasies
deur Diek Grobler
Bestel:
Klik hier om nou die boek te bestel
|
Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals
Hulle is terug vir nog ’n avontuur: Klits Kronkel, Blitz, juffrou Splinter, Marionetta
en Pekel!
Nee, wag – iemand is weg . . .
Die ervare privaat speurder Klits Kronkel onderbreek sy vakansie om na Horrelpyp
te gaan soek. Maar Klits se probleme word net meer soos sy ondersoek vorder.
Hy moet die Modder-smeer-meer trotseer , terwyl kinders een-een uit die dorpie Floetervoet
verdwyn.
|
Vreemde karakters duik op, soos die meisie met geheueverlies en Vonk, die boogskutter
wat gedagtes kan lees.
En intussen begin die vloek van die Swart Jakkals sy slagoffers te eis . . .
Lees 'n uittreksel uit Klits Kronkel en die vloek
van die Swart Jakkals
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624046547
Blaaie: 196 met swart en wit illustrasies deur Diek Grobler
Bestel: Klik hier om die boek te bestel
|
Geraamte in die klas
Wenner: ATKV-Woordveertjie en
die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke.
Wil jy weet waaroor die boek gaan? Lees dan gou Juffrou Beneke se brief ...
Harteliefie
Ek is so bly jy lees my brief. Jy wil seker weet wat in die boek gebeur, nie waar
nie? |
Goed dan, ek sal jou sê: in hierdie boek vertel een van my leerders, Stephan, hoe
hy en sy vriend, Cobus, vir my, juffrou Beneke, per ongeluk in 'n geraamte verander!
Ja, jy het reg gelees - ek word in hierdie boek verander in 'n lewende geraamte.
Maar dit is net die begin van die storie, want sien die twee harteliefies moet my
dan op 'n skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. Og, die avonture
wat ons beleef sal jou asem wegslaan! Hierdie boek gaan jou laat lag en ‘n bietjie
laat gril. Daar is ook ‘n geveg met ‘n vreeslike seekat en ‘n wildejaagtog op ‘n
spoedvarkie. En moenie vergeet van ...
O aarde tog, harteliefie, amper praat ek my mond verby. Jy sal maar self moet lees
hoe alles eindig!
Baie liefies en drukkies
Juffrou Beneke
Lees 'n uittreksel uit Geraamte in die klas
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN 978-0-7981-4616-6
Blaaie: 104 met volkleur illustrasies deur Karl Stephan
Bestel: Klik hier om die boek te bestel