Boeke vir tieners
 
Glo jy daar is lewe op ander planete?

 

Nova: Die Begin

Klik hier om in te skryf vir die Nova-kompetisie.


Die eerste boek in Fanie Viljoen se splinternuwe Nova-jeugreeks is nou op die rak in jou naaste boekwinkel!
 

Iets is fout op die dorpie Nova. Watter vreemde ligte sien Lucas en die res van sy gesin een aand? En waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte wat agter die hoë heinings plaasvind? Daar is ook 'n glibberige swart ding wat Lucas in die rivier sien. Kort voor lank beleef hy en sy vriende 'n wilde avontuurrit vol gevaarlike raaisels


Is jy al nuuskierig?

Lees die eerste hoofstuk hier: Uittreksel - Nova: Die begin

Klik hier om Nova te koop by Kalahari.net

Klik hier en koop Nova direk by Lapa Uitgewers.





 

 MindF**k


BreinBliksem se vertaling is nou beskikbaar by Amazon.

MindF**k is 'n kragtige, ontstellende en by tye skrikwekkende verhaal. Chis Burns en sy vriende - Kerbs en Sky Eyes - val in die pad om die MindFuck-rockkonsert by te woon. Op pad soontoe tel hulle die beeldskone Partygirl op. Daar is onmiddellik 'n konneksie tussen Burns en Partygirl.

Maar op die eerste nag, terwyl die rockmusiek uit die luidsprekers blaas, gebeur iets onverwags - sy wêreld word op sy kop gekeer wanneer een van die ouens uit die tent kom met bloed aan sy hande. En niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Uitgewer: Ransom Publishing
ISBN: 978-1841679945

Uittreksel uit MindF**k



BreinBliksem

Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005 en M.E.R-prys vir jeuglektuur 2005.

Viljoen se jeugverhaaldebuut BreinBliksem speel af in Bloemfontein, waar hy woon. Die skrikwekkende storie word vertel soos gesien deur die benewelde brein van die hoofkarakter, Chris Burns.


"Ek maak vir jou die hel oop" lees die SMS wat Chris Burns aan sy pêl, Kerbs een reënerige aand in Bloemfontein stuur. En al is dit net 'n tikfout, voorspel hierdie SMS dat die volgende paar dae hel gaan wees.

Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel. Hulle beplan om die geld te gebruik vir hulle trip na die BreinBliksem rockfees wat by Allemanskraaldam gehou gaan word.

'n Paar dae voor die konsert kry Sky Eyes, hulle ander pêl, 'n epileptiese aanval in die Mystic Boer, 'n uithangplek vir jongmense. Maar Burns weet dit was méér as net 'n aanval. Hy ken vir Sky. Hy kan dit in sy bang oë sien. En dit is ook so – Sky vertel later vir Burns dat hy 'n visioen gehad het van bloed en dat hulle moet wegbly van BreinBliksem af.

Maar ten spyte van Sky se waarskuwing vat die drie ouens tog die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad tel hulle vir Partygirl, wat ook op pad is na die rockfees, op. Partygirl met die swart T-hemp, cherry rooi lippe, blou-blou oë en ‘n vel soos vanilla yogurt.

Daar is dadelik 'n konneksie tussen Burns en Partygirl. En later die aand, alleen in hulle tent, stroop hulle mekaar se klere af terwyl die rock musiek nog van die stage se kant af weerklink en vasslaan in die vertes.

Maar dan gebeur daar iets wat Burns se vertroue in sy pêlle onomkeerbaar skaad. Burns se hele wêreld word by BreinBliksem op sy kop gekeer.

Een van hulle kom daardie aand uit die tent met bloed aan sy hande.
En niks is ooit weer dieselfde nie.

BreinBliksem maak groot opslae. Insig noem beskryf dit as 'Trainspotting in Bloemfontein'. Keurders het na die boek verwys as 'n kragtoer.
As daar een boek is wat tieners en jong volwassenes moet lees, is dit BreinBliksem. Maar wees gewaarsku: BreinBliksem word nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie.

Hierdie is 'n boek wat jou brein gaan bliksem!

Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 9780624043

Lees 'n resensie van BreinBliksem

Lees 'n uittreksel uit BreinBliksem

Koop BreinBliksem nou by Kalahari.net

Die boek is ook beskikbaar in die meeste groot boekwinkels



Het jy van Twilight gehou? Dan moet jy Miserella lees!

Miserella

Sommige geheime gaan saam met jou na die graf toe. Ander het ’n vreemde manier om terug te kom …

Miserella en haar broer, Juvenis, bly in ’n Gotiese kasteel by hul eksentrieke, dog ellendige tantes, Violenta en Laniolet. Én, natuurlik die dooie Mortallus. Of altans, hy is nie régtig dood nie, daarom hou hulle sy as in ’n spesiale urn terwyl hy probeer om weer lewend te word.

Hy het in as verander toe een van sy partytjie-toertjies lelik skeef geloop het.

   

Maar hoekom word Miserella en Juvenis teen hulle sin in die kasteel aangehou en moet hulle so hard werk? En hoekom slaap hulle in die dag en is in die nag wakker? Watter geheime lê opgesluit in die Dier wat om die kasteel sluip en die snaakse misrook in die kasteel se gange? En wat gaan gebeur as hulle nare oom Mortallus eendag uit die as opstaan? Wie is Carlo, die jong man wat Miserella se hart vinniger laat klop?

Lees hierdie lekker tonekrul-Gotiese roman vol humor, spanning en romanse, en vind al die geheime uit. Die boek is gemik op tieners en jong volwassenes en is 228 bladsye lank.

Uitgewer: Human & Rousseau-Uitgewers
ISBN: 9780798148955

Lees 'n uittreksel uit Miserella

Koop Miserella nou by Kalahari.net

Die boek is ook beskikbaar in die meeste groot boekwinkels.



Onderwêreld

Wenner: Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur (2007) en ATKV-Woordveertjie (2009)

“Hulle weet ek was in hulle systems. Hulle weet wat ek gedoen het.

Hulle weet wie ek is.”

Greg Owen is die hoofseun van ’n privaat seunskool wanneer Eckardt Wilken, ’n buitestander, in matriek by hulle aansluit.

Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen die twee seuns.

Eckardt erken dat hy ’n voortreflike rekenaar-hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom, onwillekeurig, in ’n gevaarlike avontuur intrek. Met Eckardt se skielike en geheimsinnige verdwyning begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Die onderwêreld ken sy naam en roep hom om te kom speel.

Die skrywer het uitvoerige navorsing gedoen oor hacking en dit, tesame met ’n goed geskrewe en gekonseptualiseerde storielyn, maak vir spannende leesstof.

Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 9780624046691

Lees 'n resensie van Onderwêreld

Lees 'n uittreksel uit Onderwêreld

Hoe is Onderwêreld geskryf?

Koop Onderwêreld nou by Kalahari.net

Die boek is ook beskikbaar in die meeste groot boekwinkels.





Afrikaans - Tuisblad
English - Home page