You are here
Home > Afrikaans > Die dag toe die draak kom

Die dag toe die draak kom

Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van seksuele misbruik van kinders. Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig. Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer word die gevaartekens van seksuele misbruik uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree.

Daar is ‘n boek vir seuns en een vir meisies.

Seuns:

Sesjarige Kevin is gek oor stories van die dapper Ridder van Arabia wat selfs teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Is dit Mamma wat soms raas? Is dit Oupa met sy growwe stem? Is dit hulle stoute nefie, Nico? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. Want die dag toe die draak uiteindelik kom, kan hy homself en ook vir Abby red.

Meisies

Sesjarige Kyla is gek oor stories van dapper Prinses Arabia wat selfs teen drake veg. Maar haar ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Is dit Mamma wat soms raas? Is dit Oupa met sy growwe stem? Is dit hulle stoute nefie, Nico? Gelukkig leer Kyla net wat om te doen om haarself te beskerm. Want die dag toe die draak uiteindelik kom, kan sy haarself en ook vir Abby red.

Ekstra inligting in elke boek

Agter in die boek verskyn ook handige riglyne vir kinders, ouers en versorgers: Hoe herken jy ’n draak? Wat is veilige vat en onveilige vat? Wat doen jy as jy vermoed jou kind word misbruik?
Volgens onlangse studies word ten minste een derde van Suid-Afrikaanse skoolgaande kinders seksueel misbruik. Daarom is dit uiters belangrik om met kinders daaroor te praat en hulle toe te rus om hulleself te beskerm. Hierdie boek bied die perfekte wegspringplek.

Koop

Die boeke is beskikbaar by jou naaste groot boekwinkel, of klik op die onderstaande skakels om dit aanlyn te bestel:

Vir seuns (Afrikaans)

Vir meisies (Afrikaans)

For boys (English)

For girls (English)

 

Wenner

Woordtrofee 2019 – Beste verkoper: Kinder- en Jeugboeke by die Woordfees in Stellenbosch

 

In die media

Lees ‘n berig oor die boek op Netwerk24.

Lees ‘n onderhoud op Litnet.

Lees ‘n berig op Maroela Media.

Lees ‘n resensie op Netwerk24.

Lees ‘n berig in die Sunday Times.

Lees ‘n berig in The Citizen.

Luister na ‘n onderhoud op Maroela Media.

Kyk na ‘n onderhoud op kykNET se Ontbytsake:

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top