Galop

Is jy lief vir perde?

Kom klim in die saal en maak jou gereed vir ’n wilde, avontuurbelaaide storierit! Hierdie versameling van dertien perdestories deur van ons bekendste tienerboekskrywers sal enige jong perdeliefhebber se hart vinniger laat galop! Die samesteller, Fanie Viljoen, het daarin geslaag om ’n handvol verhale bymekaar te maak wat verrassend uiteenlopend is, maar almal een ding gemeen het – ’n liefde en bewondering vir perde.

Koop die boek by goeie boekwinkels, of klik hier om dit aanlyn te bestel.

Save

Fanie Viljoen
Fanie se eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is Fanie een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Fanie Viljoen woon die afgelope 9 jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.