Grensoorlogstories

Intense verdeeldheid oor die Grensoorlog van die laaste dekades van die vorige eeu is steeds aan die orde van die dag. Talle feitelike publikasies daaroor het in die onlangse verlede die lig gesien.

In hierdie bundel bring skrywer en redakteur Jeanette Ferreira dertig kortverhale van verskillende skrywers byeen, ingelei met ’n insiggewende skrywe deur Louis Bothma. Verhale van Deon Opperman, Jaco Fouché en ander bekende skrywers werp nuwe lig op die oorlog.

Lees Fanie se verhale: Troepetrein en Hoekom jy hier is in hierdie bundel.

Samesteller: Jeanette Ferreira
Uitgewer:Litera Publikasies
ISBN: 9781920188382
Bladsye: 184
Fanie Viljoen
Fanie se eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is Fanie een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Fanie Viljoen woon die afgelope 9 jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.