Grilbrigade

Is jy die nuwe lid van die Grilbrigade?

Wenner: ATKV-kinderboektoekenning

Wie is Tom regtig? wonder Buks. ’n Mens bars tog nie sommerso by mense se huise in om monsters te vang nie. Hy kyk na die netjiese rooi uniform.Tom dra ook ’n rugsak. ’n Ronde kenteken op die sak vang Buks se oog. Grilbrigade staan op die teken. Is dit iets soos ’n polisie-eenheid wat monsters vang?

Drie lekker grillerige stories waarin Buks die Grilbrigade help om van monsters, spoke, zombies, en allerhande nare goed ontslae te raak, maar nie sonder ’n paar benoude oomblikke nie.

Illustrasies: Luan Serfontein

 

Nota:

Indien jy sukkel om Grilbrigade in die hande te kry, stuur vir Fanie Viljoen ‘n e-pos, of los ‘n boodskap onderaan die blad.

 

Fanie Viljoen
Fanie se eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is Fanie een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Fanie Viljoen woon die afgelope 9 jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.