Meer oor Nova



 

Nova: Die Begin

WENNER: ATKV-Woordveertjie 2011

Iets is fout op die dorpie Nova.Watter vreemde ligte sien Lucas en die res van sy gesin een aand? En waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte wat agter die hoë heinings plaasvind? Daar is ook 'n glibberige swart ding wat Lucas in die rivier sien. Kort voor lank beleef hy en sy vriende 'n wilde avontuurrit vol gevaarlike raaisels.

Klik hier om Nova: Die Begin by Kalahari.net te koop

Of klik hier om Nova: Die Begin by Lapa Uitgewers te koop.


 

Nova: Vuurdoop

In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ’n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of só dink Lucas ... Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ’n sny in my kop gemaak ... Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie.”
Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir Lucas twee geskenke: ’n tipe knipmes met ’n laserstraallem en ’n eCom waarmee hy kan kommunikeer. ’n Vreemde man is op Lucas se spoor en waag dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie. Maar die vreemdste van alles is die skrikwekkende visioene wat Lucas onverhoeds begin teister. Wat beteken hulle? Sal hulle ooit ophou? En sal Lucas en sy vriende hulle ruimtelike vuurdoop oorleef?

 Klik hier om Nova: Vuurdoop by Kalahari.net te koop.
 Klik hier om Nova: Vuurdoop by Lapa Uitgewers te koop.


Waar het Nova begin?

Fanie het in 2008 geskryf aan 'n leesreeks vir skole. Aan die einde van een van die boeke het die verhaal kortliks melding gemaak van VVV's (Vreemde Vlieënde Voorwerpe). Dit het hom aan die dink gesit ... Miskien moet hy 'n hele reeks skryf oor kinders wat kontak maak met ruimtewesens.

Dit was die begin van Nova.

Die eerste weergawe van die Nova: Die Begin is in Desember 2008 en Januarie 2009 geskryf.

Dit is later in 2009 voltooi. Die uitgewer het baie daarvan gehou. Ook die kinderkeurders wat gelukkig genoeg was om die boek te lees voordat hy gepubliseer is. Van hulle het gesê dit het hulle nogal bang gemaak. Een van hulle het tot laatnag gelees, want sy kon nie die boek neersit nie.

Miskien is dit omdat daar soveel raaisels in die boek is wat moet opgelos word!


Gaan daar nog Nova-boeke wees?

Definitief! Al Nova se geheime is nog nie opgelos nie.

Hmmm ... kan jy raai wat die volgende een se naam gaan wees?
Hier is 'n leidraad: Nova: _loe_ _ _oer_



 

Wie is jou gunsteling karakter?

Wie is jou gunsteling karakter?

Die blondekop Lucas? Of is dit nou die silwerkop Lucas?

Die Mal Olive? Dalk die avontuurlistige Duart.

Of hou jy van die stil Caro?

Dalk die meisie wat nie nonsens vat nie: Ayanda.

Of is die slim Brandon eerder jou gunsteling ...

Klik hier en laat weet vir Fanie per e-pos.

 





Sal ruimtewesens ons doodmaak?

'n Mens moet seker eers vra of ruimtewesens regtig bestaan
In Discovery Channel se dokumentêre program "Into the Universe with Stephen Hawking" vertel hierdie bekende fisikus hoe hy dink ruimtewesens sal lyk. Hy sê onder andere dat as daar ruimtewesens is, hulle beslis oë en voete sal hê!

Hawking sê ook: "Ek het 'n sterk vermoede dat, gegewe die enorme grootte van die heelal, en die verstommende aantal planete wat om ontelbare sterre in ontelbare sterrestelsels wentel, dat daar, buiten ons s'n, nog intelligente lewe is.

Het jy geweet dat ons probeer kontak maak met ruimtewesens? Die "Active SETI" of "Messaging Extraterrestrial Intelligence" (METI) is programme waarmee ons dit probeer doen.  Die eenvoudigste vorm hiervan was om inligting oor die aarde op die Voyager en Pioneer-ruimtevaartuie te sit in die 1970s.

Stephen Hawking waarsku egter dat ons mense nie die aarde so moet adverteer nie. Ons moet dalk net terugsit en 'n bietjie luister wat in die buitenste ruimte aangaan.

Ons luister wel al die afgelope 50 jaar vir tekens van lewe in die buitenste ruimte, maar dit het nog niks opgelewer nie.

Indien hulle ons egter hoor en die ruimtewesens is slimmer as ons, kan hulle dalk net besluit om aarde toe te kom en ons mensies soos vlieë kom doodklap. Dan is die aarde hulle s'n! Ouch!

Bron: http://news.discovery.com/space/do-aliens-exist-will-they-kill-us.html
 

Vrae oor ruimtewesens en VVV's


Wat dink Fanie Viljoen oor ruimtewesens en VVV's?

Dink jy daar is regtig lewe op ander planete?

Ja, ons Melkwegstelsel is vreeslik klein. Ek dink daar is 'n groot kans dat daar lewe op ander planete in ander sterrestelsels kan wees.

Het jy al 'n ruimtewese gesien?

Nee, nog nie!

Wil jy?

Hmmm ... as dit wat in Nova gebeur dan ook met my gaan gebeur, dink ek ruimtewesens moet maar van my af wegbly.

Het jy al 'n Vreemde Vlieënde Voorwerp gesien?

Ek dink so, ek is nie seker nie ...

Vertel meer!

Ek was eendag op pad tussen Brandfort en Bloemfontein toe ek 'n vreemde ding in die lug gesien het. Dit was helder oordag. Hy het net daar in die verte in die lug bly hang. Seker vir so 5 minute. En toe ek weer sien was hy weg.

Hoe het hy gelyk?

Ek was 'n hele ent van hom af, so ek het net hierdie donker kol in die helderblou lug gesien. Dit was nie 'n vliegtuig nie, daarvan is ek seker!


Wie is die geheimsinnige Sterreloper?


As jy Nova: Die Begin gelees het, wonder jy seker nog oor die geheimsinnige boodskappe en oproep van die Sterreloper.
Maar wie is dit?
Wat weet hy van Lucas?
Is hy 'n vriend of die vyand?

Fanie is net so geheimsinnig oor die persoon se identiteit. Lyk my ons sal maar moet wag en sien ...

Klik hier om Nova by Kalahari.net te koop.

Of klik hier om Nova by Lapa Uitgewers te koop.


Video


Klink hier om na 'n video van 'n VVV te kyk. Dit is hier in Suid-Afrika geneem deur Google Earth.
As jy dit self op Google Earth wil gaan soek, tik die volgende koördinate op die program in: 34°21'12.68"S 18°29'23.97"E
Hier kry jy vir Google Earth.

Lekker ruimtewesens jag!



 
 

Uit Hoofstuk 1:Uittreksel - Nova: Die begin

Uit Hoofstuk 18: Uittreksel - Nova: Die begin

Uit Hoofstuk 25: Uittreksel - Nova: Vuurdoop




 Gaan soek ruimtewesens op die web

  • Dink jy dit is moontlik om blitsvinnig tussen sterrestelsels te vlieg? Gaan lees hier.
  • Waar is die top 10 plekke waar ruimtewesens vandaan kan kom? Gaan lees hier.

Klik hier om Nova by Kalahari.net te koop.

Of klik hier om Nova by Lapa Uitgewers te koop.






Afrikaans - Tuisblad
English - Home page