Nuus: Inligting oor optredes, nuwe boeke en komende publikasies
Julie 2010

Fanie Viljoen, Francois Bloemhof en Jaco Jacobs gesels oor spoke by die Volksblad-kunstefees op 9 Julie 2010.
Besoek die fees se webblad vir meer inligting.
April 2010
BreinBliksem se vertaling, MindF**k, is beskikbaar by
Amazon.
April 2010
Kaptein Hamerkophaai is op die kortlys vir die M.E.R.-prys vir jeuglektuur. Arrr!
April 2010
Fanie is op 22 en 23 April in Kimberley om skole te besoek ter viering van Wêreldboekedag.
September 2009
Twee van Fanie se boeke wen ATKV-Woordveertjies:
- Onderwêreld, en
- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood.
Augustus 2009
Die derde titel in die
Slym-reeks,
Slym en die Beker van Geluk, is nou op die rakke.
Koning Kwaak, die paddakoning, kom Paddavlei toe! En hy bring boonop
die Beker van Geluk saam. Enigiemand wat daaruit drink, sal sewe jaar
lank dolgelukkig wees. Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas
kan nie wag om te sien wie gekies gaan word om uit die beker te drink
nie. Maar dan gebeur ’n vreeslike ding ...
Bestel by
www.lapa.co.za of tel 012 - 401 0700 e-pos: lapa@lapa.co.za
Julie 2009
Fanie se kortverhaal
Verneukkind is 'n finalis in die MML-kortverhaalkompetisie. Die verhaal verskyn in die wenbundel
Sussie Veer is dood.
Mei 2009
BreinBliksem is vertaal en gaan deur Ransom Publishing in Engeland uitgegee word as
MindF**k.
Mei 2009
Kaptein Hamerkophaai is nuut op die rakke.
Kaptein Hamerkophaai het as vervolgverhaal in KleinB, Die Burger se weeklikse kinderblad, verskyn. Lesers het met opgehoue asem gewag vir elke week se aflewering.
Nou kan kinders van oraloor deel in die spitsvondige kaptein Hamerkophaai en sy trawante se avonture!
Jy kan ook die voorlesing en lesplan van Kaptein Hamerkophaai van Die Burger se webblad aflaai by die Klein Burger.
April 2009
Twee van Fanie se boeke verskyn op die kortlys van literêre pryse:
- Onderwêreld - M.E.R.-prys vir jeugliteratuur
- Klits Kronkel en die vloek van die Swart Jakkals - M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke
Januarie 2009
- Die derde Slym-boek sal later vanjaar op die boekrakke wees.
- Kyk ook uit vir die avonture van Kaptein Hamerkophaai in April / Mei.
- Die opwindende Kroonsteen-leesreeks verskyn ook in Februarie. Kontak Best Books om te hoor waar boekbekendstellings vir hierdie splinternuwe leesreeks plaasvind in jou omgewing.