Nuwe Kinderverseboek

Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, is die nuutste, lekkerste, opwindendste versameling kinderverse in Afrikaans!

Dit bied by die driehonderd byderwetse verse spesiaal geskryf vir die Afrikaanse kind van die 21ste eeu. Van tel- en toontjierympies vir die kleuter, verspotte verse vir die vroeë skoolganers, tot die aanraak van belangrike temas vir die amper-tieners, is Nuwe Kinderverseboek ’n versameling wat jong lesers inlei in die heerlike, avontuurlike reis van poësie.

Lees vyf van Fanie Viljoen se verse in die bundel.

Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624046769

Blaaie: 216 met volkleur illustrasies deur Maja Sereda, Tamsin Hinrichsen en Dale Blakenaar. Harde buiteblad.

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.