Skrik op die lyf

Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.
Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese
jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier.

Saamgestel deur Deborah Steimair en Gerda Taljaard
ISBN: 9780624074731
Formaat: Sagteband, 256 pp, en e-boek

Koop die boek by goeie boekwinkels, of klik hier en bestel dit aanlyn.

 

Save

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.