Slym, 'n slymerige wurm, word deur 'n voël gevang. Slym skrik so groot dat hy 'n
bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so
groot dat hy vir Slym laat val by 'n skool vir paddas.
By die skool vind Slym uit dat hulle besig is om 'n paddakonsert te reël.
Dit laat Slym se kop oortyd werk, en met sy vriend, Paddavoet, se aanmoediging besluit
Slym om die eerste wurm te word wat in 'n paddakonsert optree.
Maar dit is egter nie so maklik nie. Slym sal eers by juffrou Plat Anna, Paddarotti
en Giftand die slang moet verbykom ...
Slym is 'n boek vol opwinding, spanning
en humor. Dit word aanbeveel vir lesers van 8 tot 10 jaar. Of ouers kan een of twee
van die kort hoofstukke elke aand lees vir 'n slaaptydstorie as die kind nog nie
kan lees nie. Die skrif in die boek is lekker groot vir jong lesers.
Lees 'n uittreksel
uit Slym Kleur vir
Slym in
Uitgewer: LAPA
ISBN: 978 0799 332 902
Blaaie: 72 met volkleur illustrasies
Bestel: Klik op die skakel aan die regterkant van die
webblad om die boek by Kalahari.net te bestel. Of bestel direk by Lapa Uitgewers. Jy kan ook 'n e-pos stuur aan lapa@lapa.co.za
of bel 012 - 401 0700.