Slym en die gogga-sirkus uittreksel
|
Die
skooldag word onderbreek
“Ag, hy is so
oulik!” sê Brulbekkie. Sy kyk verlangend na die glasbak op juffrou Plat Anna se
tafel. In die glasbak swem daar ’n klein paddavissie. “Juffrou, kan ek vanaand vir
Bakvissie huis toe vat? Ek sal haar mooi oppas. Ek belowe.”
“Ek is jammer, Brulbekkie. Bakvissie is nog te klein. Sy
het gereeld kos nodig. En sy poef nog in die water, dan moet dit skoongemaak
word.”
“Kan ek haar dan pouse uitvat?” vra Brulbekkie. |
“Goed,” sê juffrou Plat Anna. “Maar net ’n rukkie. Gaan
sit nou eers, ons moet aangaan met die les.”
Maar hulle gaan nie aan met die les nie, want skielik roep
Paddarotti: “Kyk net daar!”
Dit
is die woorde wat die hele skooldag verander. ’n Rukkie gelede was Slym, die
klein groen wurmpie, nog só verveeld. Die heeloggend al kwaak en koer die
meisie-paddas oor Bakvissie. “Ag, sy is so klein. Kyk haar ou stertjie. Sy het
haar mamma se ogies.” Dit is nie goed waarin Slym en die ander seunspaddas
belangstel nie.
“Kom
kyk!” roep Paddarotti weer. Hy staan by die venster. Sy gesig is platgedruk
teen die ruit.
“Wat
is dit?” roep Paddavoet, Slym se vriend.
“Ek
wil ook sien!” sê Slym.
Almal
storm gelyk na die klas se venster toe.
“Eina!
Julle druk my,” kerm Paddarotti.
“Jý
het gesê ons moet kom kyk!” mor Brulbekkie.
Slym
is ook by die venster. Daar is nou soveel paddas dat niemand iets kan sien nie.
Dan hoor hulle Juffrou Plat Anna se stok wat ongeduldig op die vloer tik.
“Aandag!
Paddas!” gil sy met hoë stem. “Gaan sit nou dadelik op julle plekke!”
“Maar
juffrou ... ” kerm Brulbekkie.
“Moenie
my maar-juffrou nie! Luister.”
Slym
en die paddas gaan sit weer op hulle paddastoele. Hulle lyk bekaf.
“Het
jy iets gesien, Slym?” vra Paddavoet.
Slym
skud sy kop. “Nee, iemand het op my stert getrap.”
“Ek
wonder wat het Paddarotti gesien.” Paddavoet skuif sy boek reg op sy tafel.
Slym
wil ook steeds weet wat buite aangaan. Die klok sal eers later lui vir pouse.
Dan kan hulle gaan kyk. Maar dalk is dit te laat.
Juffrou
Plat Anna spring venster toe. Dit lyk vir Slym of sy ook nou nuuskierig is. Sy
sit haar bril op.
“O,
paddaslyk!” roep sy uit. “Dis die gogga-sirkus!”
Wil jy verder lees?
Klik hier om Slym en die gogga-sirkus te koop by
Lapa Uitgewers.
Of klik hier om Slym en die gogga-sirkus by Kalahari.net te koop.
Slym en die gogga-sirkus kan ook verkry word by die meeste
boekwinkels.