Skrik op die lyf

Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.

Verlief

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het ... So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie ... So verlief dat jy iets baie dom aangevang het ... Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop!

Toulopers

Die gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners tussen 13 en 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek.