Skrik op die lyf

Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.

Verlief

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het ... So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie ... So verlief dat jy iets baie dom aangevang het ... Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop!

Grensoorlogstories

Intense verdeeldheid oor die Grensoorlog van die laaste dekades van die vorige eeu is steeds aan die orde van die dag. Talle feitelike publikasies daaroor het in die onlangse verlede die lig gesien.