Biografie
Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore en hy het ook daar skoolgegaan. As dit van hom afgehang het, was hy nou nog in graad 1, want hy het nie daarvan gehou om elke jaar na ‘n nuwe graad toe te gaan nie.
Fanie het goeie opstelle op skool geskryf, maar het nooit gedink hy sou eendag ‘n skrywer word nie. Nou skryf hy omtrent elke dag stories vir kinders. Dit is die beste werk in die wêreld, want dit voel nie soos werk nie.
Hier is ‘n paar goed wat jy dalk nie van Fanie geweet het nie:
  • Sy eerste werk was as ‘n kassier in ‘n bank.
  • Hy het opleiding gegee by Sanlam.
  • Sy eerste kortverhaal is in Sarie gepubliseer.
  • Hy het al baie radiodramas geskryf. Een van hulle was Oupa Rooijan kry ‘n girlfriend!
  • Sy boeke het al baie pryse gewen.
  • Fanie hou baie van kuns. Hy teken en skilder ook self. (Hy het al ‘n paar van sy eie boeke geïllustreer.)
  • Fanie hou van soetgoed: veral heuning, dadels, nougat, en sjokolade!
  • Hy het sywurms aangehou toe hy op laerskool was. Een van hulle het hy op sy tong gesit. Dit het amper in sy keel afgeloop!
  • Vir ontspanning luister hy musiek, lees of gaan gym toe. (Maar eintlik hou hy nie daarvan om moeg te word nie.)
  • Fanie bly vandag in Bloemfontein.

Die volgende boeke het alreeds uit sy pen verskyn: 

  • Dromers (2017) Lapa Uitgewers
  • Aksieheld Austin: Operasie Sabotasie (2017) Lapa Uitgewers
  • The last time I died (2016) Ransom Publishing
  • Jou Romeo (2016) Tafelberg Uitgewers
  • Oepse Daisy, Lulu (2016) Lapa Uitgewers
  • Kaptein Verdwyn (2016) Lapa Uitgewers
  • Monsterrugby (2016) Lapa Uitgewers
  • Afkop (2016) Lapa Uitgewers
  • Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (heruitgawe) (2015) Lapa Uitgewers
  • Bravo, Lulu (2015) Lapa Uitgewers
  • Prooi (2015) Lapa Uitgewers
  • Jump (2015) Ransom Publishing
  • Plons (2014) Lapa Uitgewers
  • Uit (2014) Lapa Uitgewers
  • Pleisters vir die Dooies (2014) Lapa Uitgewers
  • Nova: Eindspel (2014) Lapa Uitgewers
  • Slym en die Towertapyt (2014) Lapa Uitgewers
  • Galop (2013) Lapa Uitgewers
  • Koue Rillings (2013) Lapa Uitgewers
  • Oe la la, Lulu (2013) Lapa Uitgewers
  • Spring (2013) Lapa Uitgewers
  • Nova: Sterreloper (2013) Lapa Uitgewers
  • Leeus met Letsels (2012) Human & Rousseau Uitgewers
  • Nog 13 Spookstories saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2012) Lapa Uitgewers
  • Nova: Bloedbroers (2012) Lapa Uitgewers
  • Betower (2012) Lapa Uitgewers
  • Grilbrigade (2011) Human & Rousseau Uitgewers
  • Scarred Lions (2011) Ransom Publishing
  • Klou – ‘n superheld met kolle (2011) Lapa Uitgewers
  • Nova: Vuurdoop (2011) Lapa Uitgewers
  • Nova: Die Begin (2010) Lapa Uitgewers
  • MindF**k (2010) Ransom Publishing
  • 13 Spookstories – saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2010) Lapa Uitgewers
  • Slym en die beker van geluk (2009) Lapa Uitgewers
  • Kaptein Hamerkophaai (2009) Tafelberg Uitgewers
  • Onderwêreld (2008) Tafelberg Uitgewers
  • Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008) Human & Rousseau Uitgewers
  • Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals (2008) Tafelberg Uitgewers
  • Miserella (2007) Human & Rousseau Uitgewers
  • Klits Kronkel en die Vlammende Swaard (2007) Tafelberg Uitgewers
  • Slym en die Gogga-sirkus (2007) Lapa Uitgewers
  • Geraamte in die klas (2006) Human & Rousseau Uitgewers
  • Spoke en ander gruwelike goed (2005) Human & Rousseau Uitgewers
  • BreinBliksem (2005) Tafelberg Uitgewers
  • Slym (2004) – Lapa Uitgewers

Save