Lesers

 

Pleisters vir die dooies

Sjoe.Pleisters vir die dooies klein

Pleisters vir die dooies. Wat ’n vaart, wat ’n voice. En een van die mees onge-fokken-looflike eindes wat ek nog ooit gelees het.

Skryf asseblief vreeslik baie.

Annelie

Pleisters vir die dooies

Net om dankie te sê vir boeke wat ook aan die donker kant van die lewe raak. Ek het die boek baie geniet. My tienerseun gaan dit nou na my lees.

Vandag het ek Uit gekoop … kan sommer sien dat dit ook ’n treffer gaan wees.

Dankie vir boeke wat vir die mensdom wys dat ons almal anders is en dat daar vir elkeen ’n spesiale plekkie is !

Hou aan skryf !

Jy is GREAT !

Ilse

Nova

Wat ’n awesome boek. Ek is nou nie juis een vir Afrikaanse boeke nie, maar toe ek Nova begin lees het kon ek nie ophou nie.

Dit was vir my ’n reuseondervinding om jou boek te lees. Dit was baie interessant. Ek sien so baie daarna uit om die res van jou reeks te lees. Ek weet nie hoe om jou te bedank dat jy hierdie boek uitgebring het nie. As dit nie vir jou was nie het ek nog nooit ’n goeie Afrikaanse boek klaargelees nie.

Jou boek is baie interessant en het interessante karakters in wat tieners perfek beskryf. Ek is so-so spyt ek kon jou nie ontmoet nie, maar ek hoop en is seker daar sal weer ’n geleentheid wees.

Sien uit na jou nuwe boeke!

Mountie lees freak

Tarien Bester

Uit

Ek het onlangs oom se boek Uit klaar gelees en ek wil net baie dankie vir oom sê oor daardie boek. Ek kan baie goed relate met dieUit - klein boek en ek moet sê dis wonderlik vir ouens en meisie wat nog moet uitkom en sukkel en bang is. Ek is al vir so ’n jaar uit en dis nogal ’n moeilike pad. Die boek kon nie beter nie, dit het die lewe van ‘n gay seun perfek beskryf.

Ek gaan meer begin skryf en dalk hoor oom eendag van my. Dit sal wonderlik wees as oom ons skool eendag kan kom besoek.

Baie dankie vir alles. Oom het my lewe verander en goed uit ’n ander oog laat sien nadat ek Pleisters vir die dooies, Uit en BreinBliksem gelees het.

Baie dankie
Sestienjarige seun

Geraamte in die klas

Ek en my kinders (10;7;5) wil jou gelukwens met die beste komiese boek (Geraamte in die klas) wat ons nog gelees het, en ons het al ’n paar ingeryg. Ons het elke bladsy geniet en moes gereeld stop om asem terug te kry van al die lag.

Jou verbeelding is sonder end. Ons sien nou baie uit na van jou ander boeke wat ook in ons biblioteek in McGregor is.

Baie dankie en sterkte vir al jou meesterstukke verder.

Die van der Colff gesin

Nova

nova_4_sterreloper

Namens al die leerlinge en onderwysers van Laerskool Delville, wil ek baie dankie sê dat u ons skool kom besoek het. Dit was voorwaar ’n groot voorreg en eer om jou te ontmoet. Ek kan nie wag om die volgende Nova-boek (Sterreloper) te lees nie.

Ons jong lesers is baie dankbaar vir skrywers soos jy.

Vriendelike groete

Armand van der Merwe

Betower

Ek is mal oor oom se boeke en die boek Betower wil ek bittergraag lees. Ek steek hom nou al vir drie weke lank in die Spar weg, want ek is bang iemand vat hom.
Ivanka

Nova

Nova: Die Begin en  Nova: Vuurdoop was COOL en  13 Spookstories was ook COOL!
Jean Pierre

Nova

Ek is LizeMari Augustyn en is 13 jaar oud. Ek is absoluut mal oor oom se boeke! My gunsteling was natuurlik Nova. Ek is verslaaf aan die storie!

BreinBliksem

Ek wil net persoonlik vir jou sê dat BreinBliksem ’n amazing boek is. Ek het hom 5 jaar gelede gelees en ek het 5 jaar lank weer na die boek gesoek! Ek het hom vandag gekry en gekoop en die boek weer klaargelees. Dis ’n amazing boek en glo my, hy het my brein gebliksem! Ek wil net ook vra is daar ’n opvolg op hom?

Stanley Calitz

Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood

Hi Fanie, my dogtertjie is Jacomien en sy is 9. Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood is die eerste boek wat sy op haar eie gelees het. Sy het dit so geniet dat sy dit nie kon neersit nie en het dit in 3 dae klaar gelees. Nou wil sy net lees. Sy het reeds twee ander dogtertjies gemotiveer om die boeke te lees. Wil jy nie maar nog ’n boek vir dogtertjies skryf nie?

Groete

Petra Labuschagne

Onderwêreld

Ek het Onderwêreld baie geniet. Dis geskryf vir die wyse en ingeligte jongmens van vandag en dis ongelooflik goed nagevors! Die storielyn is ook baie sterk met ’n verrassende einde! Die soort boek wat ek baie geniet!

Iloma Marais

Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood

Ek en my Graad 1 dogtertjie het nou net Petra Pienk klaargelees.  Elke aand net 3 hoofstukke voor slaaptyd, maPetra Pienk kleinar later kon nie ek of sy dit meer uithou nie en toe lees ons sommer die hele boek klaar. Ek is absoluut mal oor jou skryfstyl – dis modern maar nog steeds goeie taalgebruik.  Die kinders assosieer ook so maklik met die karakters. Geraamte in die klas was SO snaaks, ek het dat al my sussies en boetie dit ook lees (en hulle is onderskeidelik 26, 28 en 34 jaar).  Ek sal doodseker maak ek koop al jou boeke aan vir ons biblioteek en ek hoop dat jy nog langjare sal skryf!

Vriendelike groete

Mariska Scholtz

Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood

My dogtertjie, Lane is sooo erg oor jou boek Petra Pienk dat sy my gevra het om nog sulke boeke ty kry!! Daardie geheime bestanddeel was vir haar spesiaal!

Nuline van Vuuren

Onderwêreld

Onderwêreld was EXCELLENT! Ek kon dit nie neersit nie. Toe ek op die einde kom, het ek gewens daar was nog 200 bladsye. Rêrig baie great. Kan nie wag vir die volgende new release nie. Thanx baie.

André Rossouw

Onderwêreld

Ek het eergister jou boek Onderwêreld begin lees. Ek kon dit nie neersit nie, maar ek moes maar later toe die klok eenuur slaan en die sandman aandring dat my oë nou moet toeval. Het sommer gister my leerwerk afgeskeep sodat ek kon terugkom na die storie.

Karla Swart

Onderwêreld

Het die naweek Onderwêreld gelees terwyl ek by die see was. Het dit eintlik Vrydag vir my vriendin se seun wat 17 word gekoop, maarOnderwereld het net begin lees en kon dit nie neersit nie. Dit is ’n briljante boek, beslis een van my gunsteling boeke nou. Ek is mal oor Deon Meyer se boeke en dit is soos Deon Meyer vir tieners. Ek hou van ’n boek wat in twee tye geskryf word, weet nie wat is die skrywersterm daarvoor nie, maar jy weet wat ek bedoel. Natuurlik was die hacking vir my baie interessant, jou navorsing is so goed en dit moes seker baie tyd geneem het. Ek kan nie ontken dat die tipe adrenalien my ook nogal tickle nie…

Dit is regtig baie aktueel en jy raak weereens baie temas aan wat so real is vir tieners. Ek hou van die “onderwêreld” waarop jy op verskillende vlakke sinspeel. Dit kan ’n lekker voorgeskrewe boek ook wees. Ek wonder net hoe weet jy so goed hoe tieners se koppe werk?

Wel, Maandag sal ek maar nog ’n Onderwêreld moet gaan koop, want ek hou die een wat ek het vir myself!

Baie geluk met nog ’n uitstekende boek, moet asseblief nie ophou skryf nie!

Susan-Marie Pieterse

Miserella

Ek kon nie die boek (Miserella) neersit toe ek eers begin lees nie.  Dit was ’n baie oulike boek.
Gaan oom asseblief gou Miserella 2 skryf?

Baie dankie vir die lekker boek.

Jana

Lesersbrief

Ek wil jou net bedank vir die briefie wat jy vir my seun, Hardus, gestuur het. Ek het lanklaas sy ogies so sien blink! Toe hy die middag nadat hy die briefie by die skool gekry het, in my kar klim, sê hy vir my: “Mamma, ek is die gelukkigste seuntjie in die hele wêreld.” Hy raak so baie moedeloos omdat hy so sukkel om te lees. Jou boeke gee om daardie aansporing wat hy nodig het om elke dag te probeer. Dankie weereens.
Groete

Karen Swart

Lesersbrief

Hi Fanie
Dis Thelma Smit, graad sewe, van SWPS. Ek wil graag een van jou boeke lees. Ek is mal oor lees en ek hou van enige soort boeke. Ons graad sewes wil graag hê jy moet weer kom kuier.

Bye. See ya

Lesersbrief

Baie dankie dat jy ons gr. 7- klas verlede week besoek het. Jou skryftalent het my werklik verras! Groete tot volgende jaar. Hoop om jou weer by ons skool te sien!

Groete

Mev. Eileen de Klerk

Spoke en ander gruwelike goed

Hallo Fanie
Ek dink jou boeke is baie goed, veral Spoke. Ek hou baie van fantasie en avonture. Ek sal definitief ook vir my een van jou boeke koop!!!

Zander

Spoke en ander gruwelike goed

Hallo Fanie
Ek hou van jou boek, Spoke. Dit is ’n lekker riller van ’n boek.
Beste groete

Vinc Bergh van SWPS

Lesersbrief

COOL boeke

Tiaan Brummer

BreinBliksem

Ek wil net sê dat ek en my tienerdogter gister jou boek BreinBliksem gelees het.BreinBliksem

Ons het die boek net na 1 uitgeneem en ek het gelees tot die einde en daarna het sy begin. Ons kon nie een die boek neersit nie en wil maar net sê ons het dit vreeslik geniet. Sy is 16 en dit het nogal vir my iets beteken, want ek gaan ook maar deur ’n moeilike stadium met haar as tiener. Ons sien uit na jou volgende boek!

Mev Spies, Oudtshoorn

BreinBliksem

Wow, dit is al wat ek kan sê oor BreinBliksem!! Dit is ’n absolute ongelooflike boek. Dankie aan Fanie en Tafelberg vir hierdie uitstekende stuk werk. Toe ek begin lees het kon ek nie ophou tot dit klaar was nie en het dit die volgende dag weer gelees!! Ek moet erken my brein was gebliksem na die tyd!! Ek en my vriende woon gereeld ‘trance/rave parties’ by en die boek is ongelooflik na aan realiteit. My vriendekring is almal 30+ en ek het al vir 4 van hulle oorreed om die boek te koop. Ek self het al 3 kopieë aangeskaf as geskenke en almal was tot dusver ewe beindruk met die boek. So dit is definitief nie net vir die jeug bedoel nie.

Soos ’n goeie wynmaker vriend van my altyd sê: jy hoef nie ’n wynkenner te wees om ’n goeie wyn te herken nie. Net so weet ek (glad nie ’n literatuur ‘boffin’ nie) dat hier iets ongelooflik is!! Weereens baie dankie en ek sien uit na wat kan volg in die toekoms!

Quintus Willemse

BreinBliksem

Doen julleself ’n guns en gaan lees die boek BreinBliksem geskryf deur Fanie Viljoen. Dis ’n baie diep boek en moet ’n imagination hê om die boek te lees … Jy kan nie stop as jy eers begin het nie.

Uittreksel uit “Patsy’s Studio” se “My Journal”

Spoke en ander gruwelike goed

Ek wil net ’n kort brief skryf om te sê dat ek mal is oor die boek wat oom geskryf het, (Spoke en ander gruwelike goed ). Dis die eerste boek van oom wat ek lees.
Ek het Donderdag wakker geword toe my ma met die boek by my kamer ingestap kom. My pa moan vreeslik omdat ek te veel TV kyk en my pa weet nie wat om te doen om my voor die TV weg te kry nie. My ma het die idee gekry om vir my een van oom se boeke te kry. Donderoggend het ek oom se boek begin lees en is Donderdagmiddag, nog voordat my ma terug is van die werk, klaar met die boek.
Ek wil net sê dat ek die boek baie geniet het en ek dink dat oom ’n wonderlike skrywer is. Die hoofstuk wat ek die meeste geniet het, was hoofstuk 9 – Juffrou Pieternella Poggenpoel se geraamtes tuimel uit die kas.

Van: Carla

Geraamte in die klas

Ek het baie gelag in Geraamte in die klas! Lees is verskriklik lekker. Ek het alles in een dag gelees, so lekker is die boek. Jy het Slym 1 & 2 flippen mooi geteken.

Maryke Mostert (Laerskool Bellpark)