You are here
Home > Afrikaans > Laaste Lewe

Laaste Lewe

Laaste Lewe

Fanie Viljoen se eerste grafiese roman.
Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en nou het hy nog een oorblywende lewe – om terug te kom en die Swart Kraai dood te maak.

Die meesterlik kreatiewe Daniël Hugo het hierdie boek geïllustreer en lesers met ‘n voorliefde vir die kuns van grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details van die illustrasies op elke bladsy.

Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se novelle The Last Time I Died wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is.

Koop

Laaste Lewe is beskikbaar by alle goeie boekwinkels, of klik hier om dit aanlyn te bestel.

Koop die boek direk by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek direk by Lapa Uitgewers.

Klik hier om die e-boek op Amazon te koop.

Klik hier om die e-boek by Graffiti Boeke te koop.

Engels

Laaste Lewe se grafiese roman is ook in Engels beskikbaar as The Last Time I Died.

Video’s

Wil jy meer oor die boek uitvind? Kyk gou die twee video’s.

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top