Afrikaanse Skryfgids Afrikaans Boeke vir Volwassenes by Fanie Viljoen - 1st January 201228th October 20200 Wil jy skryf? Het jy kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik? Die Afrikaanse Skryfgids, ‘n hulpmiddel vir voornemende (en reeds gepubliseerde) skrywers, kan die wonderwereld van woorde vir jou open. Hierdie omvattende gids – die eerste in sy soort in Afrikaans – is gemik op almal wat meer van die skryfkuns, skryftegnieke en die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet. Die medewerkers, almal gerekende skrywers op hul onderskeie spesialiteitsgebiede, stel die inligting op ‘n toeganklike manier bekend. Hulle deel hul “fabrieksgeheime”, praktiese raad ten opsigte van die skryfproses wat oor lang jare van frustrasie en foute ontwikkel is, nou ruimskoots met voornemende skrywers. Niemand hoef in dieselfde slaggate te trap nie. Die gids is saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn. Lees Fanie Viljoen se raad oor die skryf van jeugverhale in die Afrikaanse Skryfgids. Save Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares