You are here
Home > Afrikaans > Aksieheld Austin-reeks

Aksieheld Austin-reeks

Ligte, kamera, aksie!

Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Operasie Sabotasie

Ewald is baie opgewonde toe hy die rol van Aksieheld Austin in ’n fliek losslaan.

Maar iets is nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. As Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees …

Koop Aksieheld Austin: Operasie Sabotasie by goeie boekwinkels.

Klik hier om die boek by Takealot te bestel.

Koop die e-boek op Amazon.

Koop die boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Lapa Uitgewers.

Leesgids

Neem die aksie na jou klas toe met Lapa se wonderlike Aksieheld Austin-leesgids.

Klik hier om die papierboek by Lapa Uitgewers te koop.

Klik hier om die e-boek by Lapa Uitgewers te koop.

Koop die e-boek by Amazon.

Nag van Grille

Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.

Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Cardo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is.

Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …

As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!

Koop Aksieheld Austin: Nag van Grille by goeie boekwinkels.

Klik hier om die boek by Takealot te bestel.

Koop die boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Amazon.

Onheil op Skedelbaai

Die derde fliek, Onheil op Skedelbaai, word op ‘n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ‘n ongeluk, iemand probeer Ewald met ‘n mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die lighuis se trappe afgegooi – en daar is ‘n reusehaai wat in die baai rondswem.
Dan is daar nog Melita – die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf.

Wenner: ATKV-kinderboektoekenning 2020

 

Koop Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai by goeie boekwinkels.

Klik hier om die boek by Takealot te bestel.

Koop die boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Amazon.

Doodskreet van die Dino’s

Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie groot T-rex’e.

Dis natuurlik nie regte dinosourusse nie. Maar hulle is wel lewensgetroue robotte. Iets gaan egter fout tydens die verfilming.

Die dino’s begin soos regte T-rex’e optree. Dis slegte nuus vir die twee ouens, want hulle verloor hul pad in die oerwoud … en nou begin die dino’s hulle jag. Sal Ewald en Cardo ooit lewendig uit die oerwoud kom?

Koop Aksieheld Austin: Doodskreet van die Dino’s by goeie boekwinkels.

Klik hier om die boek by Takealot te bestel.

Koop die boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek by Amazon.

Luister na ’n voorlesing

Klik en luister na ‘n uittreksel uit Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai.

Idee vir die klas: Onderwysers kan die voorlesing as ‘n luisteroefening gebruik.

Resensie

Wat sê Suid-Afrika se beste fliekresensent, Leon van Nierop, oor Aksieheld Austin?


Uittreksel uit Operasie Sabotasie

“Sny!” roep die regisseur. “Mooi so, ouens! Kom ons doen dit weer. Dié keer met ’n bietjie meer woema. Meer gevoel. Meer alles. Gaan groot! Ek wil die adrenalien voel.”

Maar hulle kom nie verder nie. Pedro hou skielik op met praat toe sy assistent sy selfoon vir hom aangee.

Ewald stap nader. Dit lyk of daar fout is. Hy wink vir Cardo uit die donker agter die kameras nader.

Pedro se hand bewe toe hy die boodskap op sy selfoon lees. Hy laat dit val, maar Ewald se reaksies is skerp. Hy vang die selfoon voordat dit die grond tref. Saam lees hy en Cardo die boodskap:

Ek sal julle fliek saboteer. Die
vallende ligte was maar net die begin
van die ongelukke. Volgende keer
sterf iemand. Julle is gewaarsku.


Koop die Aksieheld Austin-reeks in goeie boekwinkels of aanlyn.

Koop die e-boeke by Amazon.

Koop die e-boeke by Lapa Uitgewers.

Koop die boeke by Takealot.

Koop die boeke by Loot.

Save

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top