You are here
Home > Afrikaans > Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood

Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood

Wat is die geheime bestanddeel?

Petra Pienk het ’n briljante plan …

’n Plan om skatryk te word. Sy gaan piesangbrood verkoop!

Maar dis nie sommer gewone piesangbrood nie – Petra voeg ’n geheime bestanddeel by.

Sommer gou is Petra se piesangbrood op almal se lippe. Die burgemeester se vrou is dol daaroor. Die koerant skryf ’n voorbladstorie daaroor.

En iemand is desperaat om uit te vind wat die geheime bestanddeel is …

Koop

Koop die boek by jou naaste boekwinkel.

Klik hier en bestel dit aanlyn by Loot.

Klik hier om die e-boek by Amazon te kry.

Koekedoortjie

Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood het ‘n Koekedoortjie-deelnemer geïnspireer. Klik en kyk die kort video.

Uittreksel

Petra Pienk wil óók alles hê wat sy sien

Al sou dit dalk snaaks gewees het, is Petra Pienk nie regtig pienk nie. Almal noem haar net só omdat sy van pienk goed hou: pienk klere, pienk skoene, pienk linte in haar hare. Verder lyk sy maar net soos ek en jy. Jy weet – sommer doodgewoon.

Goed dan, daar is seker ’n paar mense wat nie heeltemal soos Petra lyk nie. Mense soos Karin Kleingeld.

Karin is die dogter wat alle ouers wil hê. Mooi soos die maan en die sterre. En daarom kan sy haar ouers vir enigiets vra en sy kry dit. Enigiets!

Vandag is Petra by die netbal. Die oefening is nou net verby. Sy gaan sit op die pawiljoen om ’n bietjie te rus. Daar anderkant staan Karin en spog met haar nuwe tekkies en netbalrok. Sy draai in die rondte en lag vrolik. Toe gooi sy haar kop agteroor asof sy wag dat iemand ’n foto neem.

Al die meisies oe en aa.

Petra kyk af na haar eie tekkies. Dit is oud en stowwerig. Sy frommel haar neus vies.

Wil jy verder lees?

Koop die boek by jou naaste boekwinkel.

Klik hier en bestel dit aanlyn by Loot.

Klik hier om die e-boek by Amazon te kry.

Save

Save

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top