You are here
Home > Afrikaans > Die Klein Boek-reeks

Die Klein Boek-reeks

Die klein boeke met baie inligting!

Het jy geweet …

… muskiete is van die dodelikste diere op aarde?
… piesangs is radioaktief?
… die eerste sokkerbal was ‘n varkblaas?

Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet!

Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit twaalf boeke oor fantastiese feite, poetse, spoke, toertjies, vreemde gewoontes, raaisels, geheime, rekords en baie meer.

Koop

Die Klein Boek-reeks is beskikbaar by alle goeie boekwinkels, asook aanlyn by Takealot.

Om die e-boeke aan te skaf, klik op die onderstaande skakels.

By Amazon

Die klein boek van reuserekords

Die klein boek van fantastiese feite

Die klein boek van gruwelike geheime

Die klein boek van katastrofiese kattekwaad

Die klein boek van skouspelagtige sport

Die klein boek van mal modes

Die klein boek van hipercool hondetoertjies

Die klein boek van skitterende speelgoed

 

By Lapa Uitgewers

Die klein boek van reuserekords

Die klein boek van fantastiese feite

Die klein boek van gruwelike geheime

Die klein boek van katastrofiese kattekwaad

Die klein boek van toweragtige toertjies

Die klein boek van nog fantastiese feite

Die klein boek van grappige gewoontes

Die klein boek van skrikwekkende spoke

Die klein boek van skouspelagtige sport

Die klein boek van mal modes

Die klein boek van hipercool hondetoertjies

Die klein boek van skitterende speelgoed

Het jy geweet?

Die Klein Boek-reeks is nou ook beskikbaar in boekpakke van 6 boeke elk.
Onderwysers, dis ideaal vir jou klasbiblioteek. Of hou die kinders vir ‘n rukkie daarmee besig terwyl jy gou ‘n ander takie moet afhandel.

Vir die klas

Daar is ‘n heerlike doen-saam-aktiwiteitsboek vir die klaskamer beskikbaar. Dit is gebaseer op die eerste ses boekies van Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen. Tekste uit elk van die ses boekies word gebruik met begripsvrae, tematiese gesprekspunte, lekker pret mondeling- en skryfaktiwiteite. Die ses boekies is: Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van hipercool hondetoertjies, Die klein boek van skitterende speelgoed, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die klein boek van mal modes.

Klik hier om die boek by Lapa uitgewers te bestel.

 

 

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top