Frikkadel, die spookhond Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 3rd March 20240 Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al ’n spookhond gesien? ‘n Regte, egte spookhond! Dis mos ongelooflik! Nou moet Hugo ‘n vir-altyd-huis vir Frikkadel, die spookhond kry. Maar wie sal ‘n spookhond wil aanneem? Also available in English as Meatball, the ghost dog. Koop Frikkadel, die spookhond is beskikbaar by alle goeie boekwinkels, of klik hier om dit aanlyn te koop. Uittreksel “Sjoe, Moksie! Het jy ’n dinosourus geëet? Waar kom al die poef vandaan?” vra Hugo Roets. Hy skep nog ’n bol met die graaf op. En gooi dit in die emmer. Moksie, die bulhond, hou hom met groot oë dop. Toe burp sy. Hugo lag en vryf haar kop. “Toemaar, ek is nie kwaad nie. Ek doen dit omdat ek so lief is vir julle brakke!” Moksie lek Hugo se hand – seker om dankie te sê. Hugo tel die emmer op. Hy stap na die volgende hondehok. POTE PARADYS is sy ma se plek. Hy het nie meer ’n pa nie. Sy ma het haar hande vol met al die honde in die diereskuiling. Dis Hugo se werk om hokke skoon te maak. Daarna sorg hy dat elke hond kos en water het. Onder in die gang is daar meteens voetstappe. “Ek soek ’n hond wat toertjies kan leer. En by my op die bed kan slaap. En my met wiskunde kan help,” sê ’n meisie wat tussen die hokke afstap. Haar pa en ma is by haar. Hugo draai na hulle toe. Dis die lekkerste van werk by die skuiling: Die dag wanneer een van die honde aangeneem word. Elke hond verdien ’n goeie lewe. En iemand wat hom lief sal hê. Elke hond verdien ’n vir-altyd-huis. Wil jy verder lees? Frikkadel, die spookhond is beskikbaar by alle goeie boekwinkels, of klik hier om dit aanlyn te koop. Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares