Jani Jonker gloei in die donker Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 12th August 20240 Vuurvliegies byt nie. Een aand, terwyl Jani Jonker vuurvliegies jag, word sy verras deur ʼn besonder helder vuurvliegie. Maar toe die vuurvliegie haar byt, is sy minder beïndruk. Daardie aand in die bed gebeur ʼn vreemde ding. Jani begin in die donker glim! Sy besef sy gaan die bespotting van die skool wees. Hoe gaan sy die geheim vir haar klasmaats wegsteek? Wat sal sy doen as hulle uitvind Jani Jonker gloei in die donker? Koop Koop die boek by alle goeie boekwinkels. Klik hier om die boek by Lapa Uitgewers te bestel. Klik hier om die boek by Takealot te bestel. Klik hier om die boek by Loot te bestel. Klik hier om die boek by Graffiti Boeke te bestel. Klik hier om te e-boek te koop. Lees ’n uittreksel Jani draai haar kop weg. Uiteindelik loer sy net so met die een oog na haar vinger. “Ek het nie eens geweet vuurvliegies kan byt nie.” “Hulle kan nie,” sê Martin slim. “Hoe weet jy?” “Ek weet alles. Want ek lees boeke en allerhande cool goed op die internet.” Jani sug. Sy wens hy wil sy vuurvliegie vat en skoert. Sy was veronderstel om vanaand te wen. Nou sit sy met ’n seer vinger. En ’n simpel boetie wat nie sy mond kan hou nie. “Ek wens die vuurvliegie het jou eerder gebyt,” kap sy na haar broer. “Sommer daar op jou tong – sodat jy kan stilbly.” “Ek sê jou mos – vuurvliegies byt nie.” Martin grinnik stout. “Tensy die enigste een met tande vanaand vir JOU gebyt het. Dit sal die grootste grap van die jaar wees.” Jani se oë trek benoud. Het die enigste vampier-vuurvliegie in die wêreld vir haar gebyt? Dis nou net haar geluk. Hoekom gebeur sulke goed altyd met haar? Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares