You are here
Home > Afrikaans > Jou Romeo

Jou Romeo

Gegrond op Jou Romeo, die treffer tienerrolprent.

Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne – die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend.

In ’n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Koop

Jou Romeo is beskikbaar in goeie boekwinkels.

Klik hier om die boek by Takealot te bestel.

Klik hier om die boek by Loot te bestel.

Klik hier om die boek by Amazon te bestel.

 

Uittreksel

Marko versit die skooltas wat oor sy skouer hang. Trek sy baadjie reg. Hy is skielik vreeslik ernstig. “Raait, let’s walk and talk. Time is money.”
Yvette wonder skielik of hulle die regte ding doen. Marko is die ene ego. Sy voel sommer die vlamme oor haar gesig styg. Tyler kyk haar paaiend aan asof hy wil sê: Moenie hulle kop toe vat nie. Onthou die toneelstuk.
Vinnig loop hy agter Marko aan. “Marko, jy is die gewildste ou in skool.”
“Ja, sure,” antwoord Marko selftevrede.
“Ongelooflik,” brom Yvette. “Nee, ek kan nie. Gewone mense sou iets sê soos ‘dankie vir die kompliment, maar ek dink rêrig nie so nie’, maar nee, nee, jy is –”
Tyler wys vir haar om dit te zip. Hy draai weer na Marko. Glimlag asof niks verkeerd is nie. “Waar was ons?”
Marko glimlag breed. “Jy’s die gewildste ou in die skool. Maar ék dink nie so nie, jý’t so gesê.”
In Yvette se kop blaas sy nog ’n stoomwolk of twee.
Hulle klim die skooltrappe af. Tyler stotter effens. “Dis reg. Um . . . o ja . . . jy het Yvette se hulp nodig. En ons het jou hulp nodig.”
Skielik klim Marko effens stadiger. Hy kyk hulle skeef aan.
“Jy moet wiskunde deurkom en ons moet kaartjies verkoop,” gaan Tyler voort.
“Oukei?” sêvra Marko.
“Sal jy Romeo in ons play speel?”
Marko steek vas in sy spore. Die vrae speel in sy oë.

Wil jy verder lees?

Jou Romeo is beskikbaar in goeie boekwinkels.

Klik hier om die boek by Takealot te bestel.

Klik hier om die boek by Loot te bestel.

Klik hier om die boek by Amazon te bestel.

 

Verdonkeringsgedig van bl 32 van Jou Romeo

So werk ‘n verdonkeringsgedig:

  • Maak ‘n fotostaat van ‘n bladsy in ‘n boek.
  • Omkring woorde op die bladsy om nuwe sinne of sinsnedes te vorm.
  • Die woorde moet op ‘n manier sin maak. Dit word dan jou gedig.
  • Wees verder kreatief en voeg ‘n illustrasie by.
  • Google “black-out poetry” vir voorbeelde van oulike gedigte.

 

Save

Save

Save

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top