You are here
Home > Afrikaans > Boeke vir Skole > Krag

Krag

Krag

Kom krag uit klein botteltjies?

Alden Valentyn is niemand nie.
Hy plaas ʼn foto van homself sonder sy hemp, op Instagram.
En word die bespotting van die skool.
Maar dit sal binnekort verander.
In die gym.
Met gewigte.
En die KRAG in die naalde.
“Wat is die ergste wat kan gebeur?”

Vir skole

Krag is geskryf in ‘n styl wat onderwyskundiges ‘n “hoë/lae-boek” noem.

Dit is veral geskik vir tieners met hoë belangstellingsvlak en ‘n lae leesvlak.

Die sinne is eenvoudig en daar is nie moeilike woorde in die boek nie. Illustrasies is op tieners gerig en vergemaklik ook die lees.

Dit maak Krag ideaal vir die klaskamer!

‘n Leesgids sal binnekort beskikbaar wees.

Koop

Krag is beskikbaar in alle goeie boekwinkels en aanlyn.

Koop die boek direk by Lapa Uitgewers.

Koop die e-boek direk by Lapa Uitgewers.

Koop die boek by Takealot.

Koop die boek by Loot.

Koop die e-boek by Amazon.

Resensie

Lees ‘n resensie van Krag op Netwerk24.

“Krag is inderdaad kort en kragtig, kordaat en vol wip. Viljoen het nog altyd baie visueel geskryf. Deesdae is dit geen verrassing om sy romans met die verwagte trefkrag en visuele impak te geniet nie.”

Uittreksel

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top