You are here
Home > Afrikaans > Boeke vir Skole > Kroonsteen-leesreeks

Kroonsteen-leesreeks

Die nasionaal KABV-goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books is op ses leesvlakke ontwikkel, en is perfek vir leerders in die Intermediêre Fase (graad 4 tot 6). Die hele reeks bestaan uit 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taalpret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul lees- en taalvaardighede bevorder.

Klik hier en laai ‘n inligtingsdokument af.

Leesboek 1 (Vlak 1-6)

Graad 4:

ISBN 978-1-77002-899-9  Die kaart van lank gelede (Leesboek 1 Vlak 1)

ISBN 978-1-77002-900-2 Die geheim van die kroonsteen (Leesboek 1 Vlak 2)

Graad 5:

ISBN 978-1-77002-901-9 Die kroon van die aarde (Leesboek 1 Vlak 3)

ISBN 978-1-77002-902-6 Die kroon van die hemel (Leesboek 1 Vlak 4)

Graad 6:

ISBN 978-1-77002-903-3 Die kroon van die water (Leesboek 1 Vlak 5)

ISBN 978-1-77002-904-0 Die kroon van die mense (Leesboek 1 Vlak 6)

In die eerste leesboeke ontmoet lesers vir Alet, Vernon en Nathi – die Dapper Drie wat die dorpie Kroongolf moet red van die wrede Walg. Die verhale is gevul met spanning, aksie, humor en deernis. Dit raak ook omgewingskwessies aan. Universele waardes soos liefde, lojaliteit, betroubaarheid en waarheid word in dié 6 leesboeke aangespreek.

 


Leesboek 2 (Vlak 1-6)

Graad 4:

ISBN 978-1-77002-905-7 Stories vir lekker lees (Leesboek 2 Vlak 1)

ISBN 978-1-77002-906-4 Stories vir lekker lees (Leesboek 2 Vlak 2)

Graad 5:

ISBN 978-1-77002-907-1 Stories vir lekker lees (Leesboek 2 Vlak 3)

ISBN 978-1-77002-908-8 Stories vir lekker lees (Leesboek 2 Vlak 4)

Graad 6:

ISBN 978-1-77002-909-5 Stories vir lekker lees (Leesboek 2 Vlak 5)

ISBN 978-1-77002-910-1 Stories vir lekker lees (Leesboek 2 Vlak 6)

Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literêre tekste soos

  •  Kortverhale
  •  Mites
  •  Fabels
  •  Sprokies
  •  Vertellings
  •  Dramas
  •  Hoorspele
  •  Fotoverhale, ensovoorts.

Presies wat die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring  se onderrigplanne vra!

Lesers sal met hierdie ongelooflike tekste ’n Afrikaanse leeservaring soos min beleef. Die boeke bevat begeleidende vrae en woordverklarings om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit.

 

Leesboek 3 (Vlak 1-6)

Graad 4:

ISBN 978-1-77002-911-8 Liplekker leesdinge (Leesboek 3 Vlak 1)

ISBN 978-1-77002-912-5 Liplekker leesdinge (Leesboek 3 Vlak 2)

Graad 5:

ISBN 978-1-77002-913-2 Liplekker leesdinge (Leesboek 3 Vlak 3)

ISBN 978-1-77002-914-9 Liplekker leesdinge (Leesboek 3 Vlak 4)

Graad 6:

ISBN 978-1-77002-915-6 Liplekker leesdinge (Leesboek 3 Vlak 5)

ISBN 978-1-77002-916-3 Liplekker leesdinge (Leesboek 3 Vlak 6)

Liplekker leesdinge bevat verskeie soorte niefiksietekste soos

  •  Koerantberigte
  •  E-posse
  •  Boodskappe
  •  Boekresensies
  •  Pamflette
  •  Uitnodigings
  •  Advertensies
  •  Plakkate
  •  Tongknopers
  •  Raaisels
  •  Grappies, ensovoorts

Dié lekkerlees boeke met hulle wonderlike volkleur illustrasies sal leerders gaande oor lees maak. Die skrywers het hulle kreatiwiteit laat hoogty vier met die tekste, en lesers sal eweneens daardeur betower word.

 

Uittreksels uit die Kroonsteen-boeke

Het jy geweet?

Die Kroonsteen-leesreeks het ’n 96% gradering elk per graad van die Onderwysdepartement ontvang (ooreenkomstig die KABV-vereistes). Hoekom skaf jy dit nie nou aan vir jou skool en sien hoe dit leesperiodes kan omtower in pretperiodes? Moenie wag nie, doen dit sommer nou!

 

Die katalogus met pryslys kan afgelaai word van die uitgewer se webblad.

 

Bestel die boeke by On the Dot

Tel: 021 – 918 8810

Faks: 021 – 918 8815

e-pos:orders@onthedot.co.za

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top